Ohrigstad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ohrigstad
Ligging van Ohrigstad op 'n kaart (Limpopo)
Ohrigstad
Ohrigstad
Koördinate: 24°45′0″S 30°34′0″O Koördinate: 24°45′0″S 30°34′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distriksmunisipaliteit Sekhukhune
Plaaslike Munisipaliteit Groter Tubatse
Stigting 1845
Oppervlak
 - Dorp 99,24 km²  (38,3 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 521
 - Digtheid 5,21/km² (13,5/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 1122
Skakelkode(s) 013
Webwerf: http://www.ohrigstad.net/

Ohrigstad is 'n klein dorpie 45 km noord van Lydenburg in die Limpopo provinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Ohrigstad is oorspronklik deur 'n groep Voortrekkers onder die leierskap van Andries Hendrik Potgieter gestig in 1845 en dra die naam van 'n Nederlandse weldoener, Georgius Ohrig, wat by die stigting behulpsaam was. Nadat malaria 'n aantal slagoffers onder die setlaars geëis het, moet hulle die dorp verlaat en keer eers later na die suksesvolle bestryding van die siekte weer terug. Dit was ook die tweede oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie.[1][2]

Besienswaardighede[wysig]

'n Begraafplaas en die ruïnes van 'n fort uit die Voortrekkertydperk kan nog steeds besigtig word.

Die Eggogrotte is 35 km noord van Ohrigstad geleë. Die bekende Abel Erasmus-pas is ook bereikbaar vanaf Ohrigstad op die pad na Hoedspruit.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]