Waterval Boven

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waterval Boven
(Emgwenya)
Ligging van Waterval Boven op 'n kaart (Mpumalanga)
Waterval Boven
Waterval Boven
Koördinate: 25°39′S 30°20′O Koördinate: 25°39′S 30°20′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Nkangala
Plaaslike Munisipaliteit Emakhazeni
Stigting 1894
Oppervlak
 - Dorp 38,88 km²  (15 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 6 178
 - Digtheid 160/km² (414,4/myl2)
  [1]
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 1195
Skakelkode(s) 013
Webwerf: Waterval Boven

Waterval Boven is 'n dorp in Mpumalanga, in Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km wes van Waterval Onder bokant die Elandsrivierwaterval. Die naam van die dorp is in 2010 amptelik gewysig na Emgwenya.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp se geskiedenis is nou verbind met dié van die Pretoria-Maputo-spoorlyn. Dit het sewe jaar geneem om die spoorlyn te voltooi en die lewensverlies was skrikwekkend. Vanaf Komatipoort het die spoorlyn Waterval Boven in Maart 1894 bereik. Gedurende 1895 het die Zuid-Afrikaansche Republiek 'n deel van die plaas Doornhoek van Charles de Curer gekoop om 'n rangeerwerf en werkswinkels hier te bou en het dit Waterval Boven genoem.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 000 km2 groot en is in 1963 van Belfast en Carolina afgestig en geproklameer. Bees- en skaapboerdery is die belangrikste ekonomiese bedrywighede.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Waterval Boven Sensus 2011