Komatipoort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Komatipoort
'n Straat in Komatipoort
'n Straat in Komatipoort
Ligging van Komatipoort op 'n kaart (Mpumalanga)
Komatipoort
Komatipoort
 Komatipoort se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°26′S 31°57′O Koördinate: 25°26′S 31°57′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Ehlanzeni
Munisipaliteit Nkomazi
Stigting 1874
Regering
 - Tipe Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 11,71 km²  (4,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 4 683
 - Digtheid 400/km² (1 036/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 61.0%
 • Kleurling 1.2%
 • Indiër/Asiër 2.8%
 • Blank 34.4%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 30.8%
 • Tsonga 28.4%
 • Swazi 27.7%
 • Engels 7.6%
 • Ander 5.5%
Poskode (straat) 1340
Skakelkode(s) 013

Komatipoort is 'n dorp in die verre-ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika, naby die grens met Mosambiek geleë. Die dorp het 'n bevolking van 4 683 in 2011 gehad[2]. Komatipoort is hoofsaaklik 'n spoorwegdorp en doeanesentrum. Die spoorlyn van President Paul Kruger het die dorp teen 1 Julie 1891 vanaf Delagoabaai bereik.

Omgewing[wysig]

'n Diep kloof neem die Krokodilrivier, N4 nasionale pad en treinspoor deur die Lebomboberg tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Die dorp is een van die warmstes in die land. Die gemiddelde maksimum dagtemperatuur gedurende Januarie is 32.9°C en Julie is 26.4°C. Die belangrikste gewasse van die distrik is suikerriet, groente en sub-tropiese vrugte. Die Lebombo grenspos is net oos van die dorp.[3]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]