Grootwitreier
Grootwitreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. alba
|
Binomiale naam | |
Ardea alba | |
Sinonieme | |
Casmerodius albus; Egretta alba |
Die grootwitreier (Ardea alba) is, soos sy naam aandui, 'n groot wit voël wat aan die reierfamilie behoort. Die grootwitreier is ook bekend as Egretta alba (Linnaeus, 1758).
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die grootwitreier is 'n redelike groot voël, kan tot 101 cm lank word, en weeg gewoonlik tussen 1 en 1,5 kg. Al die voël se vere is wit.
Habitat
[wysig | wysig bron]Grootwitreiers maak nes in bome en broei in kolonies naby groot damme en mere met rietbeddings of ander moerasagtige gebiede. Hulle neste, wat met stokke gebou word, kan tot 100 cm in deursnit wees.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Die voël word in die meeste tropiese en warm-klimaatgebiede aangetref. Dié wêreldwye verspreiding beteken dat die grootwitreier die wydsverspreidste van al die reierspesies is. Op die Noord-Amerikaanse kontinent word die voël so ver noord as Suid-Kanada aangetref, en dit kom ook voor in die suide en middeldele van Europa. Verder kom die Grootwitreier ook in Afrika en Asië voor.
Grootwitreiers is gedeeltelike trekvoëls: voëls in die Noordelike Halfrond migreer suid in die winter.
Ander name
[wysig | wysig bron]- Wetenskaplike name: Ardea alba, Egretta Alba en Casmerodius albus
- Engelse naam: Great (white) Egret
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Museum specimen
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Newman se Voëls van Suider-Afrika. ISBN 1-86872-982-6
- Handbook of the Birds of Europe, the Middle East, and North Africa: The Birds of the Western Palearctic
- Die Integrated Taxonomic Information System se inskrywing oor die grootwitreier.
- Peterson, Roger T. Peterson Field Guides: Eastern Birds. 4de uitgawe. New York: Houghton Mifflin. 102.