Christiana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Christiana
Christiana se stasie
Christiana se stasie
Ligging van Christiana op 'n kaart (Noordwes)
Christiana
Christiana
 Christiana se ligging in Noordwes
Koördinate: 27°55′12″S 25°9′36″O Koördinate: 27°55′12″S 25°9′36″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Dr. Ruth Segomotsi Mompati
Munisipaliteit Lekwa-Teemane
Stigting 1870
Oppervlak[1]
 - Dorp 53,9 km²  (20,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 20 882
 - Digtheid 387/km² (1 002,3/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 80.0%
 • Kleurling 5.7%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 13.4%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Tswana 66.1%
 • Afrikaans 19.1%
 • Xhosa 4.9%
 • Sotho 3.0%
 • Engels 6.8%
Poskode (straat) 2680
Poskode (posbus) 2680
Skakelkode(s) 053
Drie Suid-Afrikaanse Klas 6E1-reeks 3 lokomotiewe staan op Christiana se stasie.

Christiana is 'n dorp in die suidweste van Noordwes op die oewer van die Vaalrivier.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp het sy bestaan te danke aan diamante. Weens baie dispute oor grondbesit in die onderste lope van die Vaalrivier, het die regering in 1870 besluit om 'n dorp te stig op die plaas Zoutpansdrif en die eerste woonerwe is verkoop. Dit is vernoem na die dogter van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, wat die rivier hier oorgesteek het. Twee jaar later is diamante ook in die spoelgruis van die Vaalrivier by Christiana ontdek wat tot nog 'n diamantstormloop gelei het. Die stormloop het ook gou tot 'n einde gekom.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is 1 900 km2 groot. Die produksie van beesvleis, mielies, sorghum, grondbone en katoen is die belangrikste ekonomiese bedrywighede. Dit is vandag 'n belangrike boerderysentrum, veral weens die nabyheid van die Vaalharts-besproeiingskema.

Die N12 nasionale pad gaan deur Christiana.

Trivia[wysig | wysig bron]

Die Rob Ferreira-natuurreservaat en vakansieoord is ongeveer 6 km noordoos van die dorp. Die mineraalfonteine se water is louwarm (36.7°C). Christiana is ook die eerste dorp waar die Britse magte die Transvaalse grens oorgesteek het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Christiana, Utlwanang en Geluksoord tydens die 2011-sensus.