De Bezige Bij

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

De Bezige Bij ("Die Besige By") is een van die belangrikste literêre uitgewersmaatskappye in Nederland.[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die maatskappy was in 1943 tydens die Duitse besetting van Nederland (gedurende die Tweede Wêreldoorlog) op onwettige wyse deur Geert Lubberhuizen gestig.

Die maatskappy se eerste publikasie was 'n gedig genaamd De Achttien Dooden - wat geskryf was deur Jan Campert - wat die teregstelling van 15 weerstandsvegters en drie kommuniste beskryf. Die gedig was verkoop om geld te versamel vir die plasing van Joodse kinders saam met Nederlandse gesinne. Toe die gedig in die Lente van 1943 gepubliseer was, het Campert egter reeds in die Neuengamme konsentrasiekamp beswyk.

Die uitgewer se naam is afgelei van een van Lubberhuizen se skuilname naamlik, "Bas."(besig). Nadat hy 'n nota onderteken het, het 'n Engelssprekende vriend gegrap, "Bas, so besig soos 'n by," welke gelei het tot die huidige naam.

In 1997 het De Bezige Bij deel geword van die Weekbladpersgroep , alhoewel dit sy redaksionele onafhanklikheid en koöperatiewe struktuur sou behou.[2]

Skrywers en digters[wysig | wysig bron]

De Bezige Bij se skrywers en digters sluit in:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. {{cite news
  2. "Bezige Bij krijgt onderdak bij Weekbladpers 'maar blijft nog jaren autonoom'". Trouw (in Dutch). 1997-06-28. Besoek op 2009-07-21. 
  3. "Schrijvers eren Remco Campert". NU.nl (in Dutch). 2009-07-16. Besoek op 2009-07-21. 
  4. Dirks, Bart (2006-02-07). "Manuscript Het verdriet van België verkocht". de Volkskrant (in Dutch). Besoek op 2009-07-21. 
  5. Peters, Arjen (2005-04-19). "Brieven tonen aan: Jan Cremer was zijn tijd ver vooruit". de Volkskrant (in Dutch). Besoek op 2009-07-21. 
  6. Truijens, Aleid (2005-04-19). "'Ik heb me de tiefus gezocht naar boerenkool'". de Volkskrant (in Dutch). Besoek op 2009-07-21. 
  7. "Schrijver Louis Ferron overleden". NU.nl (in Dutch). 2005-08-26. Besoek op 2009-07-21. 
  8. "Bezige Bij stelt Mulisch-consulente aan". Brabants Dagblad (in Dutch). 2008-10-16. Besoek op 2009-07-21. 
  9. Peters, Arjan (2005-10-14). "Jan Siebelink wint AKO Literatuurprijs". de Volkskrant (in Dutch). Besoek op 2009-07-21. 
  10. Fortuin, Arjen (2009-07-12). "Simon Vinkenoog overleden". NRC Handelsblad (in Dutch). Besoek op 2009-07-21.