Bosveldboekenhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Faurea saligna)
Jump to navigation Jump to search
Bosveldboekenhoutboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(klade): Angiosperms
(klade): Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Faurea
Spesie: F. saligna
Binomiale naam
Faurea saligna
Harv.

Die Bosveldboekenhout (Faurea saligna) is 'n boom wat voorkom in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. In Limpopo groei dit teen rotsagtige hellings en langs rivieroewers in die ander twee provinsies. Die boom is klein tot middelgroot en lyk baie soos 'n bloekomboom. Die jong blare en blaarstele is pienk. Die blomme is groenerig tot romerig wit en ruik na heuning. Die blomme en vrugte word in dun katjies van omtrent 12 cm gedra. Die hout het 'n liggelerige rooi kleur met 'n pragtige kantagtige patroon.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]