Moeraskat
Moeraskat[1] | |
---|---|
Moeraskat in Uttarakhand, Indië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. chaus
|
Binomiale naam | |
Felis chaus (Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1777)
| |
Verspreidingsgebied van die moeraskat. |
Die moeraskat (Felis chaus) is ’n kat wat in Asië voorkom, van Suid-China in die ooste tot die Nyl-vallei in die weste. Dit word op die IUBN-rooilys as veilig aangedui aangesien dit wydverspreid voorkom, veral in Indië. Die getalle neem egter af in veral Egipte, die Kaukasus en Suidwes-, Sentraal- en Suidoos-Asië.[2]
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die kat is ietwat groter as die huiskat en wissel van 55 tot 94 cm in lengte, plus ’n relatief kort stert van 20 tot 31 cm, en dit is sowat 36 cm hoog. Mannetjies is effens groter as wyfies en die gewig wissel van 3 tot 12 kg. Afhangende van die subspesie, wissel die kleur van die pels van geel-grys tot rooi-bruin of bruingeel-grys. Dit het swart merke.[3]
Die kop is redelik breed en die ore lank. In die winter kom klein klossies hare aan die punte van die ore voor. Anders as by huiskatte, waarvan die kloue agter langer is, is al vier die woestynkat se kloue ewe groot. Dit bring mee dat hulle net so maklik by bome kan af- as opklim.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Woestynkatte kom hoofsaaklik in die Ooste voor en word aangetref in Egipte en Wes- en Sentraal-Asië, maar ook in Suid-Asië, Sri Lanka en Suidoos-Asië. In Indië is hulle die mees algemene lede van die familie Felidae.[4]
Hulle word aangetref in savannes, tropiese droë woude en rietlande langs riviere en mere. Hoewel hulle aanpasbare diere is wat op die droë steppe voorkom, verkies hulle nat omgewings met lang gras of riete waarin hulle kan wegkruip. Hulle aard nie in koue gebiede nie en kom nie voor in streke waar dit in die winter baie sneeu nie.[3]
Subspesies
[wysig | wysig bron]Toe Johann Anton Güldenstädt in 1768–1775 aan die suidelike grense van die Russiese Keiserryk gereis het op versoek van Katharina die Grote, het hy die Kirmisjtsjak in die Kaukasus opgemerk.[5] In sy Latynse beskrywing van 15 bladsye, wat in 1776 gepubliseer is, het hy die kat "chaus" genoem – ’n naam wat dit tot vandag behou het.[6] [7]
Die subspesies wat tans erken word, is:
- Felis chaus affinis – Himalaja-streek
- Felis chaus kutas – Noord-Pakistan
- Felis chaus furax – Israel en Irak
- Felis chaus nilotica – Nylvallei in Egipte
- Felis chaus fulvidina – Suidoos-Asië: Thailand, Mianmar, Laos, Kambodja en Viëtnam
- Felis chaus maimanah – noordwestelike dele van Jordanië, Oos-Irak, Iran, Libanon, Sirië en Turkye
- Felis chaus prateri – Wes-Indië en Oos-Pakistan
- Felis chaus kelaarti – Sri Lanka
- Felis chaus oxiana – Sentraal-Asië.
Hibrides
[wysig | wysig bron]Dié spesie kan onder sekere omstandighede mak gemaak word. Kattelers het al van die moeraskatte gekruis met huiskatte en katrasse ontwikkel soos die Chausie en Pixie-bob.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Wozencraft, W. Christopher (16 November 2005). "Order Carnivora (pp. 532-628)". In Wilson, Don E.; Reeder, DeeAnn M. (reds.). Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference] (3de uitg.). Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.). ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494.
- ↑ 2,0 2,1 Duckworth, J.W., Steinmetz, R., Sanderson, J., Mukherjee, S. (2008). "Felis chaus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ 3,0 3,1 Sunquist, M.; Sunquist, F. (2002). Wild cats of the World. Chicago: University of Chicago Press. pp. 60–66. ISBN 0-226-77999-8.
- ↑ Mukherjee, S., Groves, C. (2007) Geographic variation in jungle cat (Felis chaus Schreber, 1777) (Mammalia, Carnivora, Felidae), Biological Journal of the Linnean Society 92: 163–172.
- ↑ Güldenstädt, J.A. (1787) Reisen durch Russland und im Caucasischen Gebürge. Russisch-Kayserliche Akademie der Wissenschaften, St. Petersburg. book preview
- ↑ Güldenstädt, J.A. (1776) Chaus – Animal feli adfine descriptum. Commentarii Academiae Scientiarum Imperialis Petropolitanae, Vol 20, St. Petersburg. pp. 483
- ↑ Sanderson, J. (2009) Feline Conservation Federation Volume 53, Uitgawe 1 (Januarie/Februarie 2009): 12-18
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Moeraskat. |
- IUBN-rooilys 2009.2 Geargiveer 17 Januarie 2012 op Wayback Machine
- Spesialisgroep: Felis chaus Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia