Gaan na inhoud

Lys van katrasse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hierdie lys van katrasse sluit in huiskatte en kruisings tussen huis- en wilde katte (soos die Bengaalse en die Savannekat). Dit is ’n algemene lys en nie beperk tot ’n sekere vereniging nie. Klassifiseringsverskille tussen verskillende katregisters bring mee dat ’n individuele dier van register tot register kan verskil. The International Cat Association (TICA) se Himalajakat word byvoorbeeld deur die Cat Fanciers' Association (CFA) in Amerika beskou as ’n kleurpunt-weergawe van die Persiese kat, terwyl die CFA se Javanese kat deur TICA beskou word as ’n kleurvariant van die Balinese kat.

Langhaar- en korthaarhuiskatte is nie rasse nie, maar terme wat in katliefhebbery gebruik word om katte te beskryf wat nie tot ’n spesifieke ras behoort nie. Net so is ’n skilpaddopkat nie ’n ras nie, maar ’n kat met ’n sekere kleurpatroon.

Rasse

[wysig | wysig bron]
Ras Oorsprong Ontstaan Soort lyf Pels Patroon Foto
Abessiniese kat Ethiopië Natuurlik Oosters Kort Strepies
Amerikaanse draadhaarkat/American Wirehair VSA Mutasie Lank Kort Alle
Amerikaanse korthaarkat VSA Natuurlik Lank, atleties Kort Alle
Amerikaanse kruloorkat VSA Mutasie Gemiddeld Kort/lank Alle

Amerikaanse langhaarkat VSA Kruisras Lank Alle
Amerikaanse stompstertkat VSA Kruisras Halfstewig Kort/lank Alle
Asiatiese kat In Brittanje ontwikkel Kruisras Gemiddeld Kort Effekleurig
Australiese sluierkat/Australian Mist Australië Kruisras Gemiddeld Kort Kolle en strepe
Balinese kat VSA Kruisras Oosters Lank Kleurpunt
Bambino Haarloos of donserig
Bengaalse kat VSA Hibride Kort Kolle/marmerpatroon
Birmaanse kat/Burmese kat Birma en Thailand Natuurlik Kort Kleurpunt
Bombaaikat/Bombay VSA Kruisras Kort Effekleurig
Brasiliaanse korthaarkat Brasilië Natuurlik Sterk, maar elegant Kort Alle
Britse korthaarkat Brittanje Natuurlik Kort Alle
Britse langhaarkat Brittanje Kompak Lank en glansend
Burmilla Brittanje Kruisras Kort/lank
Chartreux Frankryk Natuurlik Kort en stewig Kort Effekleurig
Chausie Frankryk Kruising Lank, lenig Kort Strepies
Cheetoh VSA Hibride Kort Kolle
Corniese rex Brittanje Mutasie Rex Alle
Devon-rex England Mutasie Oosters Rex Alle
Don-sfinks/Donskoi Rusland Haarloos
Dragon Li/Li Hua Mao Sjina Natuurlik Stewig Kort Gestreep
Duitse rex Oos-Duitsland Mutasie Gemiddeld Rex Alle
Egeïese kat Griekeland Natuurlik Gemiddeld Halflank Twee of drie kleure
Egiptiese mau Egipte Natuurlik Kort Kolle
Eksotiese korthaarkat VSA Kruisras Stewig Kort Alle
Europese korthaarkat Swede Natuurlik Gemiddeld tot groot Kort Alle kleure en gestreep
Havana-bruinkat Brittanje Kruisras Gemiddelde grootte, gespierd Kort Effekleurig
Heilige Birmaanse kat Birma Natuurlik Halfstewig Lank Kleurpunt
Japannese stompstertkat Japan Natuurlik Gemiddeld Kort/lank Alle behalwe kleurpunt en strepies
Javanese kat VSA Kruisras Oosters Lank Kleurpunt
Kimriese kat Eiland Man Natuurlik/mutasie Kompak Lank Alle
Kleurpunt-langhaarkat/Himalajakat Brittanje Kruisras Stewig Lank Kleurpunt
Koerile-stompstertkat Rusland Natuurlik Halfstewig Kort/lank Alle
Korat Thailand Natuurlik Kort Effekleurig
LaPerm VSA Mutasie Gemiddeld Rex Alle
Maine Coon VSA Natuurlik Lank Alle behalwe kleurpunt en strepies
Manx (kat)/stompstertkat van die Eiland Man Eiland Man Natuurlik/mutasie Kort/lank Alle behalwe kleurpunt
Minskin VSA Kruisras Halfstewig Kort/haarloos Alle
Munchkin VSA Mutasie Klein, half-Oosters Kort/lank Alle
Nebelung VSA Lank Halflank Effekleurig
Neva Masquerade Rusland Kruisras Halfstewig Halflank Kleurpunt
Noorse boskat Noorweë Natuurlik Lank Alle behalwe kleurpunt
Ocicat VSA Kruisras Kort Kolle
Oekraïnse lefkoi Oekraïne Kruisras Middelmatig tot lank Haarloos Alle
Oosterse korthaarkat Thailand Natuurlik Oosters Kort Alle behalwe kleurpunt
Oosterse langhaarkat Oosters Halflank Alle
Oregon-rex VSA Mutasie Rex
Persiese kat Groter Iran Stewig Lank Alle
Peterbald Rusland Kruisras Oosters Haarloos Alle
Pixie-bob VSA Natuurlik Kort Kolle
Ragamuffin VSA Kruisras Stewig Lank Alle
Ragdoll VSA Kruisras Stewig Lank Kleurpunt/twee kleure
Russiese bloukat Rusland Natuurlik Kort Effekleurig
Russiese wit-, swart- en streepkat Australië Kruisras Kort
Savannekat VSA Hibride Kort Kolle
Selkirk-rex VSA Mutasie/Kruising Stewig Rex Alle
Serengeti-kat VSA Hibride Kort Kolle
Sfinkskat Kanada Mutasie Oosters Haarloos Alle
Siamese kat Thailand Natuurlik Oosters Kort Kleurpunt
Siberiese kat Rusland Natuurlik Halfstewig Halflank Alle
Singapura Singapoer* Natuurlik* Klein, stewig Kort Strepies
Skotse vouoorkat Skotland Natuurlik Stewig Kort/lank Alle
Snowshoe VSA Kruisras Lank Kort Kleurpunt
Sokoke Kenia Natuurlik Lank, skraal Kort Klassieke streepkat met fyn strepies
Somaliese kat/Somali VSA Mutasie Lank Strepies
Thaise kat/Oustyl-Siamees Thailand Natuurlik Kort Kleurpunt
Tonkanese kat Kanada Kruisras Slank, gespierd Kort Kleurpunt/nertspels/effekleurig
Toyger VSA Hibride Sterk Kort Strepe
Turkse angora Turkye Natuurlik Halflank Alle behalwe kleurpunt
Turkse van/Vankedisi Turkye Natuurlik Halflank Van
Ras Land Ontstaan Soort lyf Pels Patroon Foto

(* Betwis)

Notas en verwysings

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]