Gabriel Boric
Gabriel Boric | |
Boric in 2022 | |
President van Chili
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 Maart 2012 | |
Voorafgegaan deur | Sebastián Piñera |
---|---|
Lid van die Kamer van Afgevaardigdes van die Magallanes-streek se 28ste-distrik
| |
Ampstermyn 11 Maart 2018 – 11 Maart 2012 | |
Voorafgegaan deur | Kiesafdeling gestig |
Opgevolg deur | Javiera Morales |
Lid van die Kamer van Afgevaardigdes van Magallanes se 60ste-distrik
| |
Ampstermyn 11 Maart 2014 – 11 Maart 2018 | |
Voorafgegaan deur | Miodrag Marinovic |
Opgevolg deur | Distrik geskrap |
President van die Universiteit van Chili Studentefederasie
| |
Ampstermyn 19 Desember 2011 – 28 November 2012 | |
Voorafgegaan deur | Camila Vallejo |
Opgevolg deur | Andrés Fielbaum |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Februarie 1986 Punta Arenas, Magallanes-provinsie, Chili |
Politieke party | Sosiale Konvergensie (2018–hede) |
Alma mater | Universiteit van Chili (het nie gegradueer nie) |
Handtekening |
Gabriel Boric Font (Punta Arenas, gebore 11 Februarie 1986), is 'n Chileense sentrum-linkse politikus.[1] Hy is die huidige president van Chili, synde die kandidaat met die hoogste stemtotaal in die geskiedenis van sy land, en verslaan daarmee die verregse kandidaat José Antonio Kast.[2]
Hy was 'n sleutelleier tydens die studentebetogings in sy land in 2011, en tussen 2014 en 2022 'n lid van die Kamer van Afgevaardigdes van Chili. Hy is oorspronklik van Punta Arenas.[3]
Hy het die presidentskap van Chili op 11 Maart 2022 op die ouderdom van 36 aanvaar; hy is tans die sesde jongste leier in die wêreld..[4]
Vroeë lewe en opvoeding
[wysig | wysig bron]Boric is op 11 Februarie 1986 in Punta Arenas in die Magallanes-streek van Chili gebore. Hy het twee broers genaamd Simón and Tomás.[5] Gabriel Boric se pa, Luis Boric Scarpa, is 'n chemiese ingenieur wat vir meer as 40 jaar as 'n staatswerknemer by Empresa Nacional del Petróleo (Nasionale Petroleum Maatskappy) gewerk het.[6] Sy ma, María Soledad Font Aguilera, is van Katalaanse afkoms.[7][8]
Boric se familie aan vaderskant het diep wortels in die Magallanes-streek. Sy oupagrootjie, Juan Boric (Ive Borić Barešić) en sy broer Simón (Šime), het in 1885 in Punta Arenas aangekom, en was een van die aanvanklike tien Kroate wat hulle in Magallanes gevestig het.[9] Boric se grootoom, Vladimiro Boric, was die eerste biskop van Punta Arenas.[10] 'n Ander grootoom, Roque Scarpa Martinich, was die eerste intendant van die Magallanes-streek na Chili se militêre diktatorskap. Beide Roque Scarpa en Gabriel Boric se pa was lede van die Christen-Demokratiese Party.[11]
Gabriel Boric het by die Britse skool in sy tuisdorp skoolgegaan.[12][13] Hy het in 2004 na Santiago de Chile verhuis om regte aan die Universiteit van Chili te studeer.[14] Hy het sy kursuswerk in 2009 voltooi, wat saamgeval het met sy aanstelling as die President van die Regskoolstudente-unie. Daarna het hy daarop gefokus om vir sy eindeksamen voor te berei en sy verpligte internskap na te kom. Hy het egter nie die toets in 2011 geslaag nie en besluit om dit nie weer af te lê nie.[15] Boric het nie 'n regsgraad van die universiteit ontvang nie en het in daaropvolgende onderhoude gesê dat hy nooit van plan was om 'n regsloopbaan te volg nie en dat hy eerder 'n skrywer wou word.[16]
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]In Desember 2011 is hy verkies as president van Universiteit van Chili Studentefederasie.[17] Gedurende sy presidentskap van die studentefederasie het Boric 'n prominente rol gespeel in die tweede fase van die studentebetogings wat in 2011 ontstaan het. Hy het na vore getree het as een van die primêre woordvoerders van die Federasie van Chileense Studente.[18]
In die 2013 parlementêre verkiesing is Boric tot die Kamer van Afgevaardigdes van Chili verkies.[19] Hy is in 2017 herverkies.
President van Chili
[wysig | wysig bron]Boric het die Apruebo Dignidad se presidensiële voorverkiesing op 19 Julie 2021 gewen en het dus die alliansie se presidentskandidaat vir die verkiesing op 21 November 2021 geword.[20] In die eerste rondte van die verkiesing op 21 November 2021 het Boric die tweede meeste stemme na die verregse kandidaat José Antonio Kast ontvang. Boric is toe deur na die tweede rondte op 19 Desember 2021 wat hy met meer as 55% van die stemme gewen het.[21] Hy is op 11 Maart 2022 as president van Chili ingehuldig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ El País: La nueva cara de la izquierda en América Latina.
- ↑ Biobio Chile: Boric rompe récords y es el presidente electo con mayor votación de la historia.
- ↑ Congreso Nacional de Chile
- ↑ El Sol de México: Gabriel Boric, Nayib Bukele y los presidentes más jóvenes en asumir el puesto.
- ↑ Middleton, Javier (23 Desember 2021). "Simón y Tomás Boric: ésta es la historia de los hermanos del presidente electo". The Clinic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2021. Besoek op 25 Desember 2021.
- ↑ "Familia Boric Font" (PDF). laprensaaustral.cl (in Spaans). 13 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Desember 2013. Besoek op 24 Julie 2015.
- ↑ "Mi manifiesto: Gabriel Boric, presidente de la Fech". La Tercera (in Spaans). Grupo Copesa. 6 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2012. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ↑ Andrés, Marcela (12 Desember 2011). "El magallánico que llega a tomar el control de la Fech". La Tercera (in Spaans). Grupo Copesa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2012. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ↑ González, C.; Riquelme, C. (21 Desember 2021). "Su bisabuelo llegó a Magallanes desde Dalmacia hace más de 150 años: El origen croata del Presidente electo, Gabriel Boric". Emol (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2021. Besoek op 28 Desember 2021.
- ↑ "Bishop Vladimiro Boric Crnosija". www.catholic-hierarchy.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2021. Besoek op 26 Desember 2021.
- ↑ "Boric antes de Boric: los años de vida acomodada, poesía e influencia anarco-sindicalista que marcaron su juventud". Interferencia (in Spaans). 31 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2021. Besoek op 27 Desember 2021.
- ↑ "The British School : List of alumni" (PDF). Britishschool.cl. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 April 2018. Besoek op 10 Augustus 2015.
- ↑ Concha, Luis (7 Desember 2011). "Gabriel Boric, el "magallánico fundamentalista" de la FECh". Terra (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2012. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ↑ "La historia del rival de Camila Vallejo". La Tercera (in Spaans). Grupo Copesa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2012. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ↑ "El matrimonio, la materia donde tropezó Boric en su examen de grado". El Mercurio. 24 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2021. Besoek op 22 Desember 2021.
- ↑ Chile’s Millennial President Is a New Kind of Leftist Leader. Time.
- ↑ "Elecciones Fech 2012". FECH – Federación de Estudiantes de la Universidad de Chile (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2013. Besoek op 24 Julie 2015.
- ↑ "5 exigencias fundamentales para un nuevo sistema educacional". FECH – Federación de Estudiantes de la Universidad de Chile (in Spaans). 28 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2012. Besoek op 24 Julie 2015.
- ↑ F.M (17 November 2013). "Vallejo, Jackson, Boric, Cariola y Fuentes: Las caras del movimiento social y estudiantil que llegan al Congreso". La Tercera (in Spaans). Grupo Copesa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ↑ "Resultados oficiales por región de Primarias de candidatos a Presidente de la República" (XLSX). Tribunal Calificador de Elecciones de Chile (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2022. Besoek op 24 Desember 2021.
- ↑ Leftist Boric wins Chile presidential election after far-right rival quickly concedes. France24.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gabriel Boric.