11 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
11 Februarie is die 42ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 323 dae in die res van die jaar (324 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 731 – Pous Gregorius III verkies; eers op 18 Maart in die amp bevestig.
- 1160 – Die sinode van Pavia bevestig die verkiesing van Teenpous Victor IV (Octavianus).
- 1588 – Pous Sixtus V stig die 15 kongregasies (staatsdepartemente) van die Kurie.
- 1873 – Koning Amadeo I van Spanje abdikeer, verklaar by die Cortes Generales dat die Spanjaarde “onregeerbaar” is, en verlaat die land.
- 1919 – Friedrich Ebert word die eerste Reichspräsident van die Weimar Republiek.
- 1929 – Die eerste Lateraanse verdrag, wat die Vatikaanstad as ’n onafhanklike soewereine enklave binne Italië vestig, word onderteken.
- 1937 - Op Komatipoort word 360 mm reën binne 24 uur gemeet. Buitengewoon swaar reëns sak ook uit oor ander dele van Mpumalanga, asook Eswatini en die noorde van KwaZulu-Natal.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Afrikakorps bereik die Libiese stad Tripoli.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Vloot onderneem 'n deurbraak deur die Engelse kanaal (Unternehmen Zerberus) suksesvol, met drie slagkruisers en vele ander Duitse skepe en vegvliegtuie ter ondersteuning.
- 1963 – Die Beatles begin hulle eerste album, Please Please Me opneem.
- 1979 – Ajatolla Ruhollah Khomeini neem die bewind in Iran oor en word uiteindelik die Opperleier van die Islamietiese republiek.
- 1990 – Nelson Mandela word uit die Victor Verster-gevangenis in die Paarl buite Kaapstad vrygelaat.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1261 – Otto III, hertog van Beiere, koning van Hongarye († 1312).
- 1380 – Poggio Bracciolini, Italiaanse humanis van die renaissance († 1459)
- 1466 – Elizabeth van York, die vrou van Hendrik VII van Engeland († 1503)
- 1535 – Niccolò Sfondrati (later Pous Gregorius XIV), 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1591).
- 1567 – Honoré d’Urfé, Franse skrywer († 1625).
- 1637 – Friedrich Nicolaus Bruhns, Duitse komponis († 1718).
- 1643 – Wolfgang Christoph Truchsess von Waldburg, Duitse generaal-majoor († 1688).
- 1644 – Johann Fabricius, Duitse lutherse teoloog († 1729).
- 1657 – Bernard le Bovier de Fontenelle, Franse skrywer († 1757).
- 1675 – Johann Alexander Döderlein, Duitse historikus en protestantse teoloog († 1745).
- 1699 – Bertrand François Mahé de La Bourdonnais, Franse admiraal († 1753).
- 1711 – Johann Heumann von Teutschenbrunn, Duitse diplomaat en historikus († 1760).
- 1728 – Karl Eugen, Duitse hertog van Württemberg († 1793).
- 1764 – Marie-Joseph Chénier, Franse digter en dramaturg († 1811).
- 1764 – Carel Hendrik Verhuell, Nederlandse admiraal en diplomaat († 1845).
- 1776 – Karl Gottlieb Bretschneider, Duitse protestantse teoloog († 1848).
- 1776 – Ioannis Kapodistrias, eerste Griekse staatshoof na die onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk († 1831).
- 1780 – Karoline von Günderrode, Duitse digter († 1806).
- 1789 – Hermannus Bouman, Nederlandse protestantse teoloog († 1864).
- 1790 – Ignaz Assmayer, Oostenrykse komponis († 1862).
- 1791 – Louis Visconti, Franse argitek († 1853).
- 1792 – Johann Philipp Bronner, Duitse apteker en wynbou-pionier († 1864).
- 1800 – Josef Franz Karl Amrhyn, Switserse politikus († 1849).
- 1807 – Napoleon Orda, Poolse komponis, pianis en kunstenaar († 1883).
- 1807 – Karl Schmitz, Duitse koopman en burgemeester van die stad Mainz († 1882).
- 1809 – Karl Bodmer, Switserse skilder († 1893).
- 1847 – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder († 1931).
- 1875 – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise († 1940).
- 1882 – Valli Valli, Engelse aktrise († 1927)
- 1883 – Grete Berger, Duitse aktrise († 1944).
- 1887 – Johannes van Melle, Nederlands gebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel († 1953).
- 1896 – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent († 1969).
- 1896 – Curt von Gottberg, Duitse generaal van die Waffen-SS († 1945).
- 1926 – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke († 2018).
- 1936 – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger († 2018).
- 1962 – Sheryl Crow, Amerikaanse musikant.
- 1967 – Hank Gathers, Amerikaanse basketbalspeler († 1990).
- 1969 – Jennifer Aniston, Amerikaanse akteur.
- 1986 – Gabriel Boric, Chileense sentrum-linkse politikus en verkose president.
- 1992 – Thomas Turgoose, Engelse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 244 – Gordian III, Romeinse keiser (* 225)
- 641 – Herakleios, keiser van Bisantium (* ± 575)
- 731 – Pous Gregorius II, die 89ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 669).
- 821 – Benedikt van Aniane, Frankiese ab (* onbekend).
- 824 – Pous Paschalis I, die 98ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 867 – Theodora II, eggenoot van die Bisantynse keiser Theophilos (* 805)
- 1056 – Hermann II, Duitse aartsbiskop van Keulen (* onbekend).
- 1115 – Hoyer von Mansfeld, Duitse veldmaarskalk van keiser Heinrich V. (* onbekend).
- 1141 – Hugo von St. Viktor, Duitse teoloog en filosoof (* 1097).
- 1392 – Nikolaus von Meissen, Duitse biskop van Lübeck en Meissen (* onbekend).
- 1418 – Bogislaw VIII, hertog van Pommeranië (* 1364).
- 1484 – Georg von Baden, Duitse markgraaf van Baden en biskop van Metz (* 1433)
- 1503 – Elizabeth van York, die vrou van Hendrik VII van Engeland (* 1466)
- 1650 – René Descartes, Franse wysgeer, wiskundige en natuurwetenskaplike (* 1596)
- 1672 – Patriarg Joasaf II van Moskou, die sewende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend)
- 1838 – Cornelius de Jong, Nederlandse seekaptein en skrywer (* 1762)
- 1868 – Léon Foucault, Franse fiskius (* 1819).
- 1946 – John Langalibalele Dube, 'n Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter (* 1871).
- 1963 – Sylvia Plath, 'n Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer (* 1932).
- 1984 – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein (* 1902).
- 1986 – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer (* 1920).
- 2010 – Jim Janssen van Raaij, Nederlandse politikus (* 1932)
- 2012 – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres (* 1963).
- 2020 – Joseph Shabalala, Suid-Afrikaanse sanger en stigter van Ladysmith Black Mambazo (* 1941).
- 2024 – Kelvin Kiptum, 'n Keniaanse langafstandhardloper (* 1999).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Paschalis I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 February. |