Groot Antille

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Antille
Inheemse naam: Greater Antilles, Grandes Antilles, Antillas Mayores
Eilande van die Groot Antille
Eilande van die Groot Antille
Geografie
Ligging Atlantiese Oseaan, Karibiese See
Koördinate 18°05′N 64°50′W
Argipel Wes-Indië‎
Totale eilande 4
Hoofeilande Hispaniola, Jamaika, Kuba en Puerto Rico
Oppervlak 207 435 vk km
Administrasie
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek
Hoofstad Santo Domingo
Grootste stad Santo Domingo (2 987 013)
Vlag van Haïti Haïti
Hoofstad Port-au-Prince
Grootste stad Port-au-Prince (1 275 000)
Vlag van Jamaika Jamaika
Hoofstad Kingston
grootste stad Kingston (651 880)
Vlag van Kuba Kuba
Hoofstad Havana
grootste stad Havana (2 168 255)
Vlag van Verenigde State Verenigde State
Eilandgebied Flag of Puerto Rico.svg Puerto Rico
Hoofstad San Juan
grootste stad San Juan (434 374)
Demografie
Bevolking 35 066 790

Die eilande van die Karibiese See, wat ook gesamentlik as die Wes-Indiese Eilande bekendstaan, word volgens grootte en ligging gerangskik in die Bahamas (of Lucayan argipel), die Klein Antille en die Groot Antille (Engels: Greater Antilles, Frans: Grandes Antilles, Spaans: Antillas Mayores). Die Groot Antille is Kuba, Jamaika, die Kaaimanseilande, Navassa, die eiland Hispaniola, wat bestaan uit Haïti aan die weste kant en die Dominikaanse Republiek aan die ooste kant, en Puerto Rico. Die kleiner eilande in die omgewing van die vier groot eilande word soms as deel van die groep beskou. Die Groot Antille bestaan uit kontinentale rots, anders as die Klein Antille, wat meestal uit jong vulkaniese of koraaleilande bestaan.

Ligging van die Groot Antille (groen) met betrekking tot die res van die Karibbiese Eilande

Die Groot Antille het duidelike strategiese belang as die poort tot die Amerikas en in die tydperk toe seemag 'n land se mag gedefinieer het, was die eilande slagvelde vir verskeie imperiale magte, in besonder Spanje, Frankryk en die Verenigde Koninkryk. Die eilande is aanvanklik vir hulle eie hulpbronne ontgin, maar het later as die hoof vasmeer punte vir skepe wat tussen Europa en die Nuwe Wêreld geseil het gedien. Met die opkoms van kommersiële lugrederye het die startegiese waarde van die eilande stadigaan verminder.

Die eilande kan in kontras gebring word met die Klein Antille.

Bronne[wysig]

  • Rogonzinski, Jan. A Brief History of the Caribbean. New York: Facts on File, 1992.