Internasionale Klein-blou
Voorkoms
#002FA7 |
Internasionale Klein-blou is 'n diep blou kleur wat die eerste keer in 1958 deur die Franse skilder Yves Klein gemeng is.
Anders as by gewone blou verf, waarin die fikseervloeistof (die medium waarin die gekleurde deeltjies vasgevang sit) vir die menslike oog 'n weerspieëling gee wat afbreuk doen aan die effek van die gemaalde pigment, het IKB op drie-dimensionele voorwerpe 'n korrelrige of donserige voorkoms op die oog. Daar is absoluut geen sprake van weerspieëling of glans nie. Voorwerpe wat met IKB geverf is lyk gepoeierd of baie fyn gesinteer.
Op skildersdoek is die kleur minder opvallend. Dit is ook deur Yves Klein op reliëfwerk gebruik.
Kleurkoördinate
[wysig | wysig bron]Volgens verskeie kleurskemas word internasionale Klein-blou soos volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #002FA7 |
RGB-kleurmodel | (0, 47, 167) |
CMYK | (98, 84, 0, 0) |
HSV | (223°, 100%, 65%) |