Elektriese blou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
#003399

Elektriese blou is 'n kleur naby aan siaan. Dit is 'n voorstelling van die kleur van weerlig, 'n elektriese vonk, en argontekens; dit is vernoem na die gloei wat geïoniseerde lug gedurende elektriese ontladings produseer.

Die eerste opgetekende gebruik van elektriese blou as 'n kleur se naam in Engels was in 1884. Die kleur elektriese blou was in die mode in die 1890's.

Kleurkoördinate[wysig | wysig bron]

Volgens verskeie kleurskemas word elektriese blou as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #003399
RGB-kleurmodel (0, 51, 153)
CMYK (100, 67, 0, 40)
HSV (220°, 100%, 60%)

Sien ook[wysig | wysig bron]