Islamitiese Staat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
الدولة الإسلامية في العراق والشام
ad-Dawlah al-Islāmīyah fil 'Irāq wa ash-Shām
Islamitiese Staat in Irak en die Levant
Vlag van die Islamitiese Staat [[Lêer:|85px|Seël van die Islamitiese Staat]]
Vlag Seël
Nasionale leuse: باقية وتتمدد
Bāqiyah wa-Tatamaddad
(Arabies vir: "Oorblywend en uitbreiding")[1][2]
Volkslied: geen
Ligging van die Islamitiese Staat
Hoofstad Ar-Raqqah, Sirië (de facto)[3][4]

35°57′N 39°1′O / 35.950°N 39.017°O / 35.950; 39.017

Grootste stad Ar-Raqqah
Amptelike tale Arabies
Regering
• Selfverklaarde kalief
Selfverklaarde kalifaat
"Ibrahim" Abu Bakr
al-Baghdadi[5][6]
Onafhanklikheid
Vorming
• Islamitiese Staat verklaar
• Kalifaat verklaar


3 Januarie 2014[7][8]
29 Junie 2014
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
onbekend km2  
Bevolking
 - -skatting
 - Digtheid
 
onbekend ([[Lys van lande volgens bevolking|]])
/ km2
Geldeenheid onbekend (-)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD geen
Skakelkode +geen

Die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL), ook soms die Islamitiese Staat in Irak en Sirië (ISIS) of slegs die Islamitiese Staat (IS) genoem, is 'n djihadiese militêre groep en 'n selfbenoemde staat oor dele van Sirië en Irak. Die gebied waar ISIS aktief is, het vroeër die Levant geheet. ISIS streef na 'n kalifaat, 'n staat wat deur 'n kalief, dit wil sê 'n opvolger van die Islamitiese profeet Mohammed, regeer word. Die oorspronklike Islamitiese kalifaat is in 1924 ontbind toe die Ottomaanse Ryk ontbind is.

ISIS is in 1999 as 'n splintergroep van Al-Kaïda gestig na die omverwerping van Saddam Hoesein in Irak. Al-Kaïda het hom later van die groep gedistansieer omdat dit volgens hulle te ekstremisties is. Hulle pas sjaria-wette streng toe (kap diewe se hande af, lyfstraf vir mans wat drink en vroue sonder kopdoeke). Hulle het ook verskeie video's vrygestel waarin hulle joernaliste en ander gevangenes onthoof, soos van die onthoofding van 21 Koptiese Christene in Libië.

Die organisasie is deur die Verenigde Nasies, die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en verskeie ander lande as 'n terroriste-organisasie verklaar. Volgens Amnestie Internasionaal is die groep skuldig aan etniese suiwering op 'n historiese skaal. Teen Junie 2014 het meer as een miljoen Irakiërs al as gevolg van ISIS se gewelddadige aanslag uit hulle huise gevlug.[9][10]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Hassan, Hassan (11 Junie 2014). "Political reform in Iraq will stem the rise of Islamists". The National. Verkry op 18 Junie 2014. 
  2. (en) Khatib, Lina (12 Junie 2014). "What the Takeover of Mosul Means for ISIS". Carnegie Endowment for International Peace. Verkry op 18 Junie 2014. 
  3. (en) "ISIS on offense in Iraq". Al-Monitor. 10 Junie 2014. Verkry op 11 Junie 2014. 
  4. (en) Kelley, Michael B. (20 Augustus 2014). "One Big Question Surrounds The Murder Of US Journalist James Foley By ISIS". Business Insider. Verkry op 20 Augustus 2014. ...the de facto ISIS capital of Raqqa, Syria... 
  5. (en) Rubin, Alissa J. (5 Julie 2014). "Militant Leader in Rare Appearance in Iraq". The New York Times. Verkry op 6 Julie 2014. 
  6. (en) "ISIS Spokesman Declares Caliphate, Rebrands Group as Islamic State". SITE Institute. 29 Junie 2014. Verkry op 29 Junie 2014. 
  7. (en) "Iraqi City in Hands of Al-Qaida-Linked Militants". Voice of America. 4 Januarie 2014. Verkry op 16 Januarie 2014. 
  8. (en) "The Crisis in Iraq" (PDF). UMAA. 18 Junie 2014. Verkry op 29 Augustus 2014. 
  9. (en) YouTube (20 Junie 2014). "1,000,000 Iraqis Have Fled Their Homes As ISIS Continues Armed Siege". 
  10. Nederlandse Omroep Stichting (17 Junie 2014). "Miljoen Irakezen vluchten voor ISIS".