Jakaranda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jakaranda
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Bignoniaceae
Genus: Jacaranda
Spesie: J. mimosifolia
Binomiale naam
Jacaranda mimosifolia
D.Don[1]

Die Jakaranda (Jacaranda mimosifolia) is 'n sierboom wat vanaf die Andes in Suid-Amerika ingevoer en genaturaliseer geraak het. Die boom word aangeplant as skaduweeboom en ook vir die pers blomme wat dit in die lente dra wanneer die boom sonder blare is. Dit is amptelik as 'n indringerplant verklaar.

Die bome word oor die algemeen tussen vyf en vyftien meter hoog. Die blare is dubbelveervormig en saamgesteld.

Naas sierboom, het die boom ook medisinale waarde, wat onder andere teen Bacillus, Staphylococcus en Escherichia coli help.

Die Jakarandastad[wysig | wysig bron]

Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, staan algemeen as die Jakarandastad bekend. 'n Groot aantal jakarandas is in die stad aangeplant. Dié bome kleur die stad se strate pers as dit in Oktober begin blom.

Die eerste twee jakarandabome in Pretoria is in die 1880's uit Brasilië ingevoer en by 'n skool in Arcadia geplant. 'n Ruk daarna het die destydse staatskweker, James Clarke, opdrag gekry om bome in die Staatskwekery in Groenkloof te kweek. Hy het 'n besending saad van Australië bestel, waarby 'n pakkie jakarandasaad per abuis ingesluit is. Teen die jaar 2000 was daar ongeveer 70 000 jakarandabome in Pretoria.[2]

Skoliere en studente aan die Universiteit van Pretoria glo dat jy goed in die eksamen sal vaar as 'n jakaranda-bloeisel op jou kop val. Verskeie Afrikaanse gedigte en liedjies verwys ook na die Jakarandastad, onder andere Valiant Swart se Jakarandastrate, Heinz Winckler se Jakarandakoningin, Anneli van Rooyen se Jakaranda jy en Laurika Rauch se liedjie, Jakarandas Bloei.[3]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Jacaranda

Verwysings[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]