Karanteen
Voorkoms
Karanteen (Crenidens crenidens) | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. crenidens
|
Binomiale naam | |
Crenidens crenidens (Forsskål, 1775)
|
Die Karanteen (Crenidens crenidens) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Durban.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis se kop en lyf is silwer met 'n dowwe reeks donker kolletjies op die liggaam. Die vis word 30 cm groot.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis verkies strandmere en beskermde baaie maar word nie gevind waar die see se soutgehalte laag is nie. Hulle kom voor in skole. Hulle eet krap, wurms en garnale en broei in die noorde van die KwaZulu-Natal kusgebied. Die vis is eetbaar maar word hoofsaaklik as aas gebruik. Die vis moet nie met die Strepie verwar word nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7