Koesister

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Koesister is 'n traditionele Kaap-Maleise oliebol met speserye gegeur en in klapper gerol.
Koesister

'n Koesister is 'n tradisionele Kaaps-Maleise oliebol met 'n klapperbuitelaag wat met speserye gegeur is.[1]

Die eerste Wêreld Koesister Dag is op Sondag, 1 September 2019 gevier tydens 'n geleentheid wat gehou is by die Radisson RED Hotel V&A Waterfront, Kaapstad, Suid-Afrika; in vennootskap met Vannie Kaap. Wêreld Koesister Dag word gevoer op die eerste Sondag in September.

Dit word berei deur deeg met meel, suiker en gis aan te maak en dan met speserye soos kaneel, anys, gemmer, kardamom en gedroogde nartjieskil gegeur. Die bolletjies word in olie vlakgebraai, afgekoel, verder in kokende suikerstroop gebraai en dan in klapper gerol.[2]

Die voorbereiding daarvan is van Maleisiese/Indonesiese oorsprong, met moontlike Indiese invloede. Dit is oorspronklik geëet as 'n onversoete ontbytversnapering, wat saam met Maleise slawe na Suid-Afrika gebring is,[3] en het op daardie tydstip bekendgestaan as koe'sisters, wat klaarblyklik verwys het na 'n beleefde skindery onder oujongnooie. Die koesister moet nie verwar word met die soortgelyke koeksister nie.[4]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Cape Malay Koesisters". Gateway Magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2018.
  2. Duckitt, Hildagonda J (1891). "Koesisters". Hilda's "where is it?" of recipes. London: Chapman and Hall.
  3. Green, Lawrence (1949). "Hoofstuk 4 - Country Hospitality". In the Land Of Afternoon. Howard Timmins.
  4. "Koesister vs Koeksister". Lizeme.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.