Le Roux
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Le Roux is 'n Afrikaanse van van Franse oorsprong wat algemeen onder Afrikaners voorkom.
- André le Roux, joernalis en redakteur van Sarie en Afrikaanse digter en skrywer van rubrieke, kortverhale en ’n roman
- Bernard le Roux (gebore 4 Junie 1989), Suid-Afrikaansgebore Franse rugbyspeler
- Bertha le Roux-Wahl, Afrikaanse aktrise, tv-sepiekarakter
- Braam le Roux (1951–2010), predikant en sendeling in die Gereformeerde Kerk
- Chris le Roux, Afrikaanse liedjieskrywer en sanger
- Christine Barkhuizen le Roux (18 November 1959 – 2020), Afrikaanse digter en skrywer van kortverhale en romans
- Doppies le Roux (gebore 28 Maart 1985), voormalige Superrugbyspeler, tans ingenieur
- Etienne Leroux (13 Junie 1922 – 20 Desember 1989), Afrikaanse skrywer
- Fred le Roux (1913–1984), Afrikaanse joernalis en eerste redakteur van die tydskrif Sarie
- Frances le Roux, Afrikaanse skrywer en digter
- Garth le Roux (gebore 4 September 1955), voormalige eersterangse krieketspeler
- Ina le Roux Afrikaanse skrywer van Vendavolksverhale
- Johan le Roux, destyds matriekleerling van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton, 'n held gedurende die Henley on Klip-busramp
- Johnita le Roux, Afrikaanse skrywer van romans, wat die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa verower het
- Karel Wynand le Roux (1882–1978), baanbrekerpredikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk
- Koos Kombuis, (gebore André le Roux du Toit, 5 November 1954, Kaapstad) Afrikaanse musikant, digter en skrywer
- Leon le Roux, Suid-Afrikaanse akteur en model
- Mariël le Roux, Afrikaanse romanskrywer
- Marlene le Roux (gebore 17 September 1934), bekroonde Afrikaanse skrywer van jeugverhale
- Ollie le Roux (gebore 5 Mei 1973), Suid-Afrikaanse rugbyspeler en oud-Springbok
- Pieter (P.K.) le Roux (11 November 1904 – 23 Junie 1985), Suid-Afrikaanse politikus en minister
- Stephanus Petrus le Roux, (4 Maart 1891 – 25 Januarie 1974), Suid-Afrikaanse politikus en 'n Minister van Landbou
- Willie le Roux (gebore 8 Augustus 1989), veelsydige Springbokrugbyspeler
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Die afkappingsteken word nie gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op t, w, x of z wat nie uitgespreek word nie." "Taalgebruik: Afkappingsteken". Maroela Media. 26 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 13 Desember 2019.
- ↑ "Name of vanne wat op t, x, of z eindig, kry nie 'n afkappingsteken nie." Beter Afrikaans. "Afkappingsteken". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020.
van Le Roux. As 'n interne skakel u hierheen gelei het, kan u oorweeg om die skakel te wysig deur die persoon se voornaam by die skakel te voeg. | Hierdie bladsy bevat 'n lys van mense met die