Long Beach-lughawe
Long Beach-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: LGB – ICAO: KLGB – FAA: LGB | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Stad Long Beach | ||
Bedien | Groter Los Angeles | ||
Ligging | Long Beach, Kalifornië | ||
Hoogte bo seevlak | 60 vt / 18 m | ||
Koördinate | 33°49′04″N 118°09′06″W / 33.81778°N 118.15167°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaarts | |||
FAA lughawediagram | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
12/30 | 10 000 | 3 048 | Asfalt |
08L/26R | 6 192 | 1 887 | Asfalt |
08R/26L | 3 918 | 1 194 | Asfalt |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
H1 | 20 | 6 | Asfalt |
H2 | 20 | 6 | Asfalt |
H3 | 300 | 91 | Asfalt |
Statistieke (2022) | |||
Totale passasiers | 3 242 831 | ||
Lugbewegings | 329 775 | ||
Bron: Federale Lugvaartadministrasie[1] FAA Report]</ref>[2] |
Long Beach-lughawe (IATA: LGB, ICAO: KLGB, FAA LID: LGB) is 'n openbare lughawe 5 km noordoos van die middestad van Long Beach, in Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State. Dit word ook Daugherty Field genoem, vernoem na die plaaslike vlieënier Earl Daugherty. Die lughawe was 'n bedryfsbasis vir JetBlue, maar dit is op 6 Oktober 2020 opgeskort, toe die redery sy bedryfsbasis na Los Angeles Internasionale Lughawe verskuif het te midde van die destyds voortslepende Covid-19-pandemie. Gevolglik het Southwest Airlines die lughawe se grootste lugredery geword.
Militêr
[wysig | wysig bron]Om die Amerikaanse Vloot te lok, het die stad Long Beach 'n loods en 'n administratiewe gebou gebou en toe aangebied om dit aan die vloot te verhuur vir $1 per jaar vir die vestiging van 'n Vlootreserwe-lugbasis. Op 10 Mei 1928 het die Amerikaanse Vloot die veld as 'n Vlootreserwe-lugbasis NRAB Long Beach in gebruik geneem. Twee jaar later het die stad ook 'n loods en administratiewe gebou vir die Army Air Corps gebou. Beduidende ontwikkelings aan die klein stadlughawe het gevolg nadat loodse en administratiewe fasiliteite vir die weermag en vloot gebou is.
Fasiliteite
[wysig | wysig bron]Long Beach-lughawe beslaan 472 ha op 'n hoogte van 18 m bo seevlak. Dit het drie asfalt aanloopbane:[1][3]
12/30 is 3 048 x 61 m 8L/26R is 1 887 x 46 m 8R/26L is 1 194 x 30 m
Verder is daar 6 helikopterblaaie:
- H2, H4, H5, en H6 is almal 6 x 6 m
- H3 is 91 x 11 m
Aanloopbane 16L/34R en 16R/34L is permanent gesluit op 21 Julie 2016.[4]
In die jaar geëindig 30 September 2019 het die lughawe 293 587 lugbewegings gehuisves, gemiddeld 804 per dag: 86% algemeen, 11% lugredery, 3% lugtaxi, en <1% militêr. 369 vliegtuie was by die lughawe gebaseer: 224 enkel-enjin, 46 multi-enjin, 41 straler, en 58 helikopters.[1]
Statistiek
[wysig | wysig bron]Top bestemmings
[wysig | wysig bron]Rang | Stad | Passasiers | Lugrederye |
---|---|---|---|
1 | Las Vegas, Nevada | 213 000 | Southwest |
2 | Phoenix-Sky Harbor, Arizona | 182 000 | American, Southwest |
3 | Sacramento, Kalifornië | 179 000 | Southwest |
4 | Oakland, Kalifornië | 170 000 | Southwest |
5 | Denver, Colorado | 130 000 | Southwest |
6 | San Jose, Kalifornië | 121 000 | Southwest |
7 | Honolulu, Hawaii | 116 000 | Hawaiian, Southwest |
8 | Salt Lake City, Utah | 94 000 | Delta |
9 | Kahului, Hawaii | 80 000 | Hawaiian |
10 | Austin, Texas | 73 000 | Southwest |
Lugdiens markaandeel
[wysig | wysig bron]Rang | Lugdiens | Passasiers | Aandeel |
---|---|---|---|
1 | Southwest Airlines | 2 794 000 | 84,82% |
2 | Hawaiian Airlines | 228 000 | 6,92% |
3 | SkyWest Airlines | 195 000 | 5,91% |
4 | Mesa Airlines | 74 910 | 2,27% |
5 | Delta Airlines | 2 230 | 0,07% |
Jaarlikse verkeer
[wysig | wysig bron]Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers |
---|---|---|---|---|---|
2000 | 637 853 | 2010 | 2 978 426 | 2020 | 1 043 773 |
2001 | 587 473 | 2011 | 3 099 488 | 2021 | 2 104 696 |
2002 | 1 453 551 | 2012 | 3 206 910 | 2022 | 3 242 831 |
2003 | 2 875 525 | 2013 | 2 942 873 | 2023 | |
2004 | 2 926 873 | 2014 | 2 823 996 | 2024 | |
2005 | 3 034 032 | 2015 | 2 523 686 | 2025 | |
2006 | 2 758 362 | 2016 | 2 852 294 | 2026 | |
2007 | 2 906 556 | 2017 | 3 783 805 | 2027 | |
2008 | 2 913 926 | 2018 | 3 884 721 | 2028 | |
2009 | 2 909 307 | 2019 | 3 584 203 | 2029 |
Landvervoer
[wysig | wysig bron]Long Beach Transit-roetes 102, 104, 111 en 176 bedien die lughawe. Roete 111 suidwaarts vanaf die lughawe verbind spesifiek by die Downtown Long Beach-stasie, waar passasiers kan oorskakel na die A-Lyn noordwaarts, en bestemmings in die middestad van Los Angeles. Roete 104 sluit aan by die Willowstraatstasie. Roete 405 bied weekdagdiens na/van UCLA.[8]
Die San Diego-snelweg kan vanaf die lughawe bereik word via Lakewood Boulevard. Wardlowweg loop van die lughawe na die Los Angeles County/Orange County grens; Long Beach-lughawe is die tweede naaste lughawe aan Disneyland, na die John Wayne-lughawe.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 [https://web.archive.org/web/20230908100113/https://www.gcr1.com/5010ReportRouter/LGB.pdf Geargiveer 8 September 2023 op Wayback Machine
- ↑ "Monthly Noise and Activity Reports". Long Beach Airport. Januarie 2016. Besoek op 9 Mei 2017.
- ↑ "LGB airport data at skyvector.com". skyvector.com. Besoek op 30 Augustus 2022.
- ↑ "Long Beach Airport Runway Removal Paves Way for Economic Opportunities". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2017. Besoek op 21 Julie 2016.
- ↑ 5,0 5,1 "Long Beach, CA: Long Beach Airport (LGB)". Bureau of Transportation Statistics. Besoek op 25 Augustus 2023.
- ↑ "The Economic Impact of the Long Beach Airport 2011. Verkry op 12 Februarie 2015".
- ↑ "Long Beach Airport (LGB) - Monthly Noise and Activity Reports". www.lgb.org.
- ↑ https://ridelbt.com/route-405/#schedule-section