Louis le Grange
Louis le Grange | |
Kabinetsminister
| |
Ampstermyn 1978 – 1986 | |
Ampstermyn 1987 – 1991 | |
Voorafgegaan deur | Johan Greeff |
Opgevolg deur | Gene Louw |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 16 Augustus 1928 Ladybrand, Oranje-Vrystaat |
Sterf | 25 Oktober 1991 (op 63) Potchefstroom |
Politieke party | Nasionale Party |
Alma mater | Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. |
Religie | N.G. Kerk |
Louis le Grange (gebore 16 Augustus 1928, Ladybrand; † 25 Oktober 1991, Potchefstroom) was 'n prokureur, Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die Nasionale Party.
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]Le Grange word in 1966 tot die Parlement verkies vir die kiesafdeling Potchefstroom (1966-1991). Hy sluit by die kabinet aan in 1975, as adjunkminister van Inligting (1975–1978), Binnelandse Sake en Immigrasie (1975-1978), asook Openbare Werke (1978) tydens die bewind van John Vorster. Later word hy bevorder tot Minister van Toerisme en Openbare Werke (1978–1979), Gevangenisse (1979–1980), Polisie (1979–1982) en Wet en Orde (1982–1986) in die verskeie kabinette van Eerste Minister PW Botha.
Hierna val die eer hom te beurt om as Speaker van die Parlement op te tree (1987–1991).
Hy is aan 'n hartaanval oorlede in Potchefstroom, in die ouderdom van 64. 'n Hoofstraat wat noordwaarts uit Potchefstroom loop is na hom vernoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Suid-Afrikaanse advokate
- Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake
- Suid-Afrikaanse ministers van korrektiewe dienste
- Suid-Afrikaanse ministers van openbare werke
- Suid-Afrikaanse ministers van polisie
- Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake
- Lede van die parlement van Suid-Afrika
- Politici van die Nasionale Party
- Adjunk-ministers
- Geboortes in 1928
- Sterftes in 1991