Henricus Hubertus Juta
Voorkoms
Henricus Hubertus Juta | |
Regter van die Appèlafdeling van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 1920 – 1923 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
---|---|
Regter-president van die Kaapse Provinsiale Afdeling
| |
Ampstermyn 1914 – 1920 | |
Speaker van die Kaapse Volksraad
| |
Ampstermyn 1896 – 1898 | |
Eerste minister | Gordon Sprigg |
Voorafgegaan deur | David Tennant |
Opgevolg deur | Bisset Berry |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 12 Augustus, 1857 Kaapstad, Kaapkolonie |
Sterf | 16 Mei 1930 |
Sir Henricus Hubertus Juta (1857–1930) was 'n speaker en regter van die Kaapkolonie. Hy is gebore in 1857 in Kaapstad en is die seun van Jan Carel Juta. Juta ontvang opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en die Universiteit van Londen. Hy is op 26 Januarie 1880 toegelaat tot die Inner Temple en begin in dieselfde jaar in die Kaap praktiseer. In 1894 word hy Prokureur-generaal en van 1896 tot 1898 was hy Speaker van die Kaapse Volksraad. Hy word senior advokaat in 1893 en word in 1913 Regter-president van die Kaapse Provinsiale Afdeling. Hy is in 1920 aangestel in die Appélafdeling en tree in 1923 af. Hy is oorlede op 16 Mei 1930.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.