Maleiers
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep in Suid-Afrika, sien Kaapse Maleiers en vir die taal, sien Maleis.
Maleiers Melayu ملايو | |
---|---|
Maleiers by 'n huwelik. | |
Totale bevolking: | ca. 25 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Maleisië 14 749 378[1] Indonesië 5 365 399[2] |
Taal: | Maleis en Indonesies |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Kaapse Maleiers • Javane • Soendanese |
Die Maleiers (Maleis: Melayu, Jawi: ملايو) is 'n etniese groep van Austronesiese mense in Suidoos-Asië wat oorwegend in die Maleise Skiereiland, die oostelike Sumatra en die kus van Borneo woon, asook al die kleiner eilande van die Maleise argipel – gebiede wat gesamentlik as die Maleise wêreld bekend staan. Hierdie plekke is vandag deel van die moderne nasies van Maleisië, Indonesië, Singapoer, Broenei en die suide van Thailand. Daarbenewens leef Maleiers veral in Suid-Afrika (Kaapse Maleiers), Sri Lanka, Australië, die Verenigde Koninkryk en Mianmar.
Maleiers gebruik oorwegend die Austronesiese tale Maleis en Indonesies en is verwant aan etniese groepe soos die Balinese, Javane, Madurese en die Soendanese. Hulle is aanhangers van die Soennitiese Islam.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Economic Planning Unit (Malaysia) 2010
- ↑ (en) Badan Pusat Statistika Indonesia 2010, p. 9
- ↑ (en) World Population Review 2015
- ↑ (en) CIA World Factbook 2012
- ↑ (en) Malay, Cape in South Africa - Joshua Project
- ↑ (en) Department of Census and Statistics, Sri Lanka - Population by ethnic group according to districts, 2012 Geargiveer 28 April 2017 op Wayback Machine
- ↑ (en) Australia - Ancestry
- ↑ (en) Malay in United Kingdom - Joshua Project
- ↑ (en) Malay in Myanmar - Joshua Project
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maleiers.