Oranje stekel-eenhoringvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Oranje stekel-eenhoringvis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Acanthuroidei
Familie: Acanthuridae
Subfamilie: Nasinae
Genus: Naso
Spesie: N. elegans
Binomiale naam
Naso elegans
(Rüppell, 1829)

Die Oranje stekel-eenhoringvis (Naso elegans) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. Die vis is ook al opgemerk by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Orange-spine unicorn.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 45 cm lank. Anders as die meeste eenhoringvisse het dit geen horing of knop op die voorkop nie. 'n Kenmerk van die vis is die kop se hoekige voorkoms. Die vis se lyf is donkerbruin met swart en oranje merke op die gesig, amper soos grimering. Die dorsale vin is geel met 'n blou rant en daar is twee, prominente helder geel-oranje kielplate op die stertvin basis. Die mannetjies ontwikkel lang filamente op die stertvin.

Hulle leef in aflandige koraal- en soms rotsriwwe in water wat 1 tot 70m diep is. Hulle skuil in die rommel, koraal en rots areas. Die vis is alleenlopers maar kan ook in klein groepe saamwoon. Hulle vreet hoofsaaklik alge.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3