Port St. Johns
Port St. Johns | |
---|---|
Die binnedorp | |
Koördinate: 31°37′15″S 29°32′40″O / 31.62083°S 29.54444°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | O.R. Tambo |
Munisipaliteit | Port St Johns |
Stigting | 1845 |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,03 km2 (3,10 vk. myl) |
Hoogte | 7 m (23 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 441 |
• Digtheid | 802/km2 (2 080/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 3.5% |
• Swart mense | 97.7% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 89.7% |
• Engels | 6.2% |
• Ander | 4.1% |
Poskode (strate) | 5120 |
Port St. Johns is 'n dorp aan die Wildekus van die Indiese Oseaan in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë langs die mond van die Umzimvuburivier (Xhosa vir "Seekoeirivier"). Die dorp is 96 km oos van Mthatha.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die naam van Port St. Johns is afgelei van die São João (St. Johannes) wat vergaan het naby Port Edward op 5 Junie 1552. Die eerste werklike aktiwiteit het in 1846 begin toe die Britse skoener Rosebud daarin kon slaag om oor die sandbank in die riviermond te gaan en in die rivier opgevaar het. In 1878 het die Britse regering beheer van die hawe oorgeneem na onderhandelings met die Pondohoofman Nqwiliso. Daar is handel gedryf met die Pondo's. Fort Harrison is later gebou vir beskerming. Gedurende 1964 is die Pondolandbrug gebou om toegang met die res van Transkei en KwaZulu-Natal te bied. Koffiebaai is 55 km suidwes van Port St. Johns.[2]
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 648 km2 groot. Die klimaat is subtropies. Mielies en vrugte soos papajas, lietsjies, piesangs, mango's en avokadopere word in die riviervallei gekweek. Daar is drie swemstrande en hengel is ook gewild. Klein bote kan 18 km in die rivier opvaar.
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]- Daar is 'n vuurtoring en radiobaken by Kaap Hermes by die suidelike punt van die strandmeer.
- Die skeepsklok wat buite die stadsaal hang is na bewering dié van die Clan Gordon wat deur die kaptein weggedobbel is.
- Derde Strand is deel van die Ntlolobanatuurreservaat.
- Pondolandbrug
- Daar is 'n warmwaterbron buite die dorp. Die Pondo's noem dit Isinuka 'die stink een'. (Lees ook Warmwaterbronne van Suid-Afrika.)
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Die dorp
-
Port St. Johns en die Umzimvuburivier vanaf Mount Thesiger
-
Tipiese flora by Port St. Johns
-
Mount Thesiger
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Port St. Johns". Sensus 2011.
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995. ISBN 1-86842-026-4
Wikimedia Commons bevat media in verband met Port St. Johns. |