Prins Harry van Wallis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prins Harry
Prins Henry van Wallis
Prins Harry op 9 Mei 2013 in Amerika.
Prins Harry op 9 Mei 2013 in Amerika.
Volle naam Henry Charles Albert David
Huis Huis van Windsor
Vader Charles, Prins van Wallis
Moeder Diana, Prinses van Wallis
Gebore 15 September 1984; Londen, Engeland
Amptelike webtuiste Prins Henry van Wallis

Prins Henry van Wallis (Henry Charles Albert David, geb. 15 September 1984), algemeen bekend as prins Harry,[1] is die jongste seun van Charles, Prins van Wallis, en sy eerste vrou, Diana, Prinses van Wallis. Sy grootouers aan vaderskant is koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en prins Philip, Hertog van Edinburg. Hy is die vierde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy pa, sy broer, prins William, Hertog van Cambridge, en sy broerskind, prins George van Cambridge.

Ná sy skoolopleiding aan verskeie skole in Brittanje en ’n brugjaar in onder meer Australië en Lesotho, het Harry besluit op ’n militêre loopbaan. Hy het offisiersopleiding ontvang aan die Militêre Akademie Sandhurst en ’n tweede luitenant geword in die Household Cavalry-regiment. Hy het hier sy opleiding as tenkbevelvoerder voltooi. In 2007–2008 het hy in die Afgaanse Oorlog 77 dae lank diens gedoen aan die front,[2] maar is onttrek ná ’n artikel in ’n Australiese tydskrif.[3] Hy het in 2012-2013 vir 20 weke na Afganistan teruggekeer.[4]

Vroeë lewe[wysig]

Harry is op 15 September 1984 in die St. Mary-hospitaal in Londen, Engeland, gebore.[5] Sy ma, Diana, wou hê hy en sy broer moes ’n groter ondervindingsraamwerk hê as vorige koninklike kinders en het hulle saamgeneem na plekke wat gewissel het van Disney World en McDonald's tot vigsklinieke en oornaggeriewe vir haweloses.[6] Hy het ook op ’n jong ouderdom sy ouers op amptelike besoeke begin vergesel; sy eerste oorsese koninklike toer was in 1985 na Italië.[7]

Harry se ouers is in 1996 geskei en sy ma is die volgende jaar in ’n motorongeluk in Parys oorlede.[8] Nes sy pa en broer het hy sy skoolopleiding aan privaat skole ondergaan, onder meer Eton-kollege. Hy het sy studies in 2003 aan laasgenoemde skool voltooi.[9]

Hy het daarna ’n brugjaar geneem, waartydens hy in Australië gewerk het.[10] Hy het ook Lesotho besoek, waar hy met weeskinders gewerk het en die dokumentêre rolprent The Forgotten Kingdom gemaak het.[6]

Militêre loopbaan[wysig]

Kadetoffisier Wales (op aandag langs die perd) op parade by Sandhurst, 21 Junie 2005.

Prins Harry het op 8 Mei 2005 sy opleiding begin aan die Militêre Akademie Sandhurst, waar hy as kadetoffisier Wales bekend was.[11] In April 2006 het hy sy offisiersopleiding voltooi en het hy ’n tweede luitenant geword in die Blues and Royals, ’n regiment van die Household Cavalry in die Britse leër. Op 13 April 2008 het hy ’n luitenant geword.

In ’n verklaring op 22 Februarie 2007 is aangekondig dat prins Harry saam met sy regiment aan die front in Irak sou diens doen.[12] Die destydse hoof van die leër, generaal sir Richard Dannatt, het op 30 April 2007 aangekondig dat hy persoonlik besluit het dat die prins saam met sy eenheid na Irak kon gaan,[13] maar teen 16 Mei het hy bekend gemaak dat Harry nie Irak toe sou gaan nie[14] omdat hy ’n gewilde teiken sou wees (verskeie dreigemente is deur verskeie groepe gemaak wat sy lewe bedreig het) en dat dit sy mede-soldate in gevaar sou stel.[15]

In 2008 het die departement van buitelandse sake gerugte bevestig dat Harry in Afganistan diens doen.[16] Hy was die eerste lid van die Britse koningshuis wat in ’n oorlogsgebied diens gedoen het sedert sy oom, prins Andrew, Hertog van York, helikopters gevlieg het in die Falkland-oorlog van 1982. Hy het vir sy diens die Medalje vir Operasionale Diens in Afganistan in Mei 2008 ontvang van sy tante, prinses Anne.[17]

Prins Harry in sy uniform, 9 Mei 2013

Nadat hy aan die nodige vereistes voldoen het, het Harry opleiding as helikoptervlieënier ondergaan. Hy het sy vlerke op 7 Mei 2010 van sy pa ontvang. Hy het bekend gemaak dat hy as vlieënier van Apache-helikopters opleiding sou ontvang, waarna hy weer sou kwalifiseer om in oorlogsones te veg.[18] Hy het sy Apache-vliegtoets in 2011 geslaag. Op 16 April 2011 is aangekondig dat hy tot die rang van kaptein bevorder is.[19]

In Junie 2011 is aangekondig dat Harry as Apache-helikoptervlieënier weer in Afganistan ontplooi kon word. Die uiteindelike besluit sou egter lê by die weermag se senior bevelvoerders ná samesprekings met prins Harry, prins Charles en die koningin.[20] In Oktober is prins Harry na ’n Amerikaanse militêre basis in Kalifornië oorgeplaas vir ’n deel van sy opleiding. In November 2011 het hy na Engeland teruggekeer om sy opleiding te voltooi.[21]

On 7 September 2012 het kaptein Wales in Afganistan aangekom vir ’n tydperk van vier maande.[22] Op 10 September, dae ná sy aankoms, is aangekondig dat die Taliban gedreig het om hom uit te skakel.[23][24] Op 21 Januarie 2013 is aangekondig dat prins Harry teruggekeer het ná vier maande in Afganistan[4] as medevlieënier van ’n Apache-helikopter.[25]

Op 8 Julie 2013 het die departement van verdediging aangekondig dat Harry as ’n Apache-bevelvoerder gekwalifiseer het.[26]

Persoonlike lewe[wysig]

Prins Harry neem graag aan sport deel, onder meer polo, ski en motocross.[10] Hy het in sy jeug die reputasie van ’n rebel gekry[27] nadat hy onder meer dagga gerook, as ’n minderjarige gedrink en buite nagklubs met paparazzi slaags geraak het. Hy het ook ’n kostuumpartytjie bygewoon in ’n Nazi-uniform met ’n swastika-armband.[28] Hy het later in ’n verklaring verskoning gevra.[29]

In Januarie 2009 het die Britse poniekoerant News of the World ’n video bekend gemaak waarin Harry na ’n medesoldaat as "ons klein Paki-vriend" verwys. David Cameron het dis as onaanvaarbaar beskryf[30] en Harry is deur die The Daily Telegraph as ’n rassis bestempel.[30] Clarence House het dadelik ’n verklaring uitgereik waarin Harry verskoning vra en sê hy het niks slegs daarmee bedoel nie.[31]

Terwyl hy in Agustus 2012 met vakansie in Las Vegas was, is ’n nakende Harry en ’n onbekende vrou in ’n hotelkamer afgeneem, volgens berigte ná ’n spel van "ontklee-biljart".[32] Die foto's het op die internet verskyn en verskeie koerante het daaroor berig.[33][34][35]

Harry het ’n ruk lank uitgegaan met Chelsy Davy, die dogter van ’n Suid-Afrikaanse sakeman,[36] maar vroeg in 2009 is berig dat die paartjie uiteen is nadat hulle mekaar vyf jaar geken het.[37]

Titel[wysig]

Prins Harry se monogram.
  • 15 September 1984 – tans: Sy Koninklike Hoogheid prins Henry van Wallis

Die prins se volle titel is Sy Koninklike Hoogheid prins Henry Charles Albert David van Wallis. As ’n Britse prins gebruik hy as ’n van die gebied waarvoor sy pa ’n titel het, in dié geval Wallis. Dié van word meestal weggelaat wanneer die prins volwasse is. Net die titel prins word dan gebruik, of saam met die van Mountbatten-Windsor indien nodig.[38] Prins Harry gebruik egter vir militêre doeleindes steeds die van "Wales" en is in die weermag bekend as kaptein Wales.[39]

Wanneer die seuns van heersende monarge of hul seuns trou, kry hulle gewoonlik die titel hertog, soos prins William wat die Hertog van Cambridge geword het. In 2011 is berig dat koningin Elizabeth Harry die titel Hertog van Sussex belowe het wanneer hy trou.[40]

Verwysings[wysig]

  1. Prince Harry”. Amptelike webtuiste van die Britse monargie. URL besoek op 10 Augustus 2009.
  2. Associated Press, , "Prince Harry on front line in Afghanistan", MSNBC, 28 Februarie 2008. URL besoek op 28 Februarie 2008.
  3. Audrey, Gillian; Tran, Mark; Walker Peter, "Harry secretly serving in Afghanistan", The Guardian, 28 Februarie 2008. URL besoek op 26 Maart 2010.
  4. 4,0 4,1 UK's Prince Harry Returns from Afghanistan”. URL besoek op 21 Januarie 2013.
  5. "Princess Di gives birth to boy", 16 September 1984. URL besoek op 31 May 2013.
  6. 6,0 6,1 Prince Harry”. People. Besoek op 15 Oktober 2008.
  7. The Prince of Wales > At Work > Countries Visited”. Clarence House. URL besoek op 15 Oktober 2008.
  8. "Timeline: How Diana Died", BBC, 30 Augustus 1997. URL besoek op 11 April 2008.
  9. "What is it like at Eton College?", BBC News, 4 Julie 2005. URL besoek op 11 Oktober 2009.
  10. 10,0 10,1 The Prince of Wales > Prince Harry > Interests”. Clarence House. URL besoek op 15 Oktober 2008.
  11. "Harry begins Sandhurst training", BBC, 8 Mei 2005. URL besoek op 16 Oktober 2008.
  12. Witchell, Nicholas, "Harry Iraq deployment no surprise", BBC, 22 Februarie 2007. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  13. "British army chief: Prince Harry to Iraq", NBC News, 30 April 2007. URL besoek op 25 Augustus 2012.
  14. "Prince Harry will not go to Iraq", CNN, 17 Mei 2007. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  15. The Prince of Wales > News > Prince Harry deployment update”. Clarence House: 16 Mei 2007. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  16. "Prince Harry on Afghan front line", BBC, 28 Februarie 2008. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  17. Perry, Simon; Tumposky, Ellen (16 Oktober 2008). “Prince Harry Gets Medal as Chelsy Cheers Him On”. People. Besoek op 16 Oktober 2008.
  18. "Prince Harry awarded provisional flying wings by Prince of Wales", The Daily Telegraph, 7 Mei 2010. URL besoek op 7 Mei 2010.
  19. "Prince Harry promoted to captain in Army", The Daily Telegraph, 17 April 2011. URL besoek op 17 April 2011.
  20. "Prince Harry to return to Afghanistan", The Daily Telegraph, 16 Junie 2011. URL besoek op 16 Junie 2011.
  21. Prince Harry returns to England after U.S. training”. CNN: 29 November 2011. URL besoek op 28 Desember 2011.
  22. Prince Harry in Afghanistan flying Apache copters”. Yahoo News. URL besoek op 7 September 2012.
  23. Afghan Taliban threaten to kidnap, kill Prince Harry”. MSNBC Today. 10 September 2012. URL besoek op 11 September 2012.
  24. Taliban Threatens Prince Harry [video]”. CNN: 11 September 2012. URL besoek op 11 September 2012.
  25. Dave Willetts. "Prince exits front line and admits: Yes, I've killed Taliban", 22 Januarie 2013. URL besoek op 25 Januarie 2013.
  26. Prince Harry, known in the British Army as Captain Harry Wales, has qualified as an Apache aircraft commander.”. British Government: 8 Julie 2013. URL besoek op 23 Julie 2013.
  27. Majendie, Paul, "Prince Harry: Wild child turned war hero", 1 Maart 2008. URL besoek op 16 Otober 2008.
  28. "Harry says sorry for Nazi costume", BBC News, 13 Januarie 2005. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  29. "Harry public apology 'not needed'", BBC News, 14 Januarie 2005. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  30. 30,0 30,1 "Prince Harry's 'Paki' comments 'completely unacceptable', says David Cameron" The Daily Telegraph, 11 Januarie 2009
  31. Byron, Katy, "Britain's Prince Harry apologizes for offensive language", CNN, 11 Januarie 2009. URL besoek op 11 Januarie 2009.
  32. "Prince Harry naked photos during Vegas rager", TMZ, 21 Augustus 2012. URL besoek op 22 Augustus 2012.
  33. Payne, Ed, "Naked photos of Prince Harry surface in Las Vegas", CNN, 22 Augustus 2012. URL besoek op 22 Augustus 2012.
  34. "Naked Prince Harry photos published online", BBC News, 22 Augustus 2012. URL besoek op 22 Augustus 2012.
  35. "Prince Harry's naked photos shrugged off in the U.K.", 22 Augustus 2012. URL besoek op 22 Augustus 2012.
  36. Bates, Stephen, "Harry at 21 on Camilla, the media and Aids children in Africa", 15 September 2005. URL besoek op 14 Oktober 2008.
  37. "Prince Harry and girlfriend split", BBC News, 24 Januarie 2009. URL besoek op 26 Maart 2010.
  38. The Royal Family > Titles and Succession > Royal Family Name”. Buckingham-paleis. URL besoek op 15 Oktober 2008.
  39. Nikkhah, Roya, "Prince Harry promoted to captain in Army", 17 April 2011. URL besoek op 12 Junie 2011.
  40. Prince Harry promised the title Duke of Sussex – UK & World News – News – People.co.uk

Eksterne skakels[wysig]