Clarence House

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Clarence House, Londen

Clarence House is ’n koninklike woning in Londen wat aan "The Mall" geleë is. Dit is aan Sint James-paleis vas en deel die paleis se tuin. Byna 50 jaar [ank, van 1953 tot 2002, was dit die tuiste van koningin Elizabeth die koningin-moeder, maar dit is nou die amptelike woning van Charles, Prins van Wallis, Camilla, Hertogin van Cornwall en prins Harry. Dit is sowat twee maande per jaar in die somer oop vir besoekers.

Die huis is tussen 1825 en 1827 na ’n plan deur John Nash gebou vir koning William IV, wat as die Hertog van Clarence bekend was voor hy die troon in 1830 bestyg het. Sy suster prinses Augusta Sophia het dit geërf en daarna, in 1840, Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld, die ma van koningin Victoria. In 1866 het dit die tuiste geword van koningin Victoria se tweede oudste seun, prins Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, tot met sy dood in 1900. Sy jonger broer, prins Arthur, Hertog van Connaught en Strathearn, het die huis van 1900 tot met sy dood in 1942 gebruik. Dit is in die Tweede Wêreldoorlog erg deur bomme beskadig en is vir die res van die oorlog deur die Rooi Kruis en St. John Ambulance gebruik as hul hoofkwartier. Daarna is dit aan prinses Elizabeth en haar man, die Hertog van Edinburg, gegee. Prinses Anne is in 1950 daar gebore. Ná die dood van George VI het die koningin-moeder en prinses Margaret in 1953 daar ingetrek, hoewel Margaret later na ’n woonstel in Kensington-paleis getrek het.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakel[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Clarence House (kategorie)
Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis