Republiek van Swellendam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Swellendam
Prinsenvlag.svg
1795

Flag of Swellendam

Vlag

Ligging of Swellendam
Die Nederlandse Kaapkolonie met Graaff-Reinet (bleu) en Swellendam (rooi) 1795/96
Hoofstad Swellendam
Taal/Tale Nederlands
Regering Republiek
 - Ontbind November 1795

Die Republiek van Swellendam kom tot stand toe sowat sestig Kaapse burgers op 17 en 18 Junie 1795 onder leiding van Petrus Delport die drosdy beset en die landdros van Swellendam, Anthonie Faure en sy amptenare dwing om te bedank. Hermanus Steyn word as President verkies.[1] Die voorval vind plaas enkele maande na Marthinus Prinsloo 'n waarnemende regering in die Colonie van Graaf-Reinet vestig op 4 Februarie 1795. Die opstand en selfregering is gemotiveer deur ongelukkigheid met belastingbetaling aan die Kompanjie en die verbod op inboek van Khoikhoi-kinders op plase. Hoewel 'n nasionale landdros aangestel is en die nasionale konvensie as regering gedien het, is die regering in Vrye Republiek van Nederland erken en is daar nie beoog om 'n republiek te stig nie.

Die kortstondige onafhanklikheid van die gebied kom tot 'n einde kort na die Britse besetting van die Kaap in September 1795.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]