Sepang Internasionale Renbaan
Voorkoms
Ligging | Sepang distrik, Selangor, Maleisië |
---|---|
Tydsone | UTC+08:00 |
Koördinate | 2°45′38″N 101°44′15″O / 2.76056°N 101.73750°O |
Kapasiteit | 80,000 |
FIA Gradering | 1 |
1e Sooispit | 1 November 1997 |
Geopen | 7 Maart 1999 |
Argitek | Hermann Tilke |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Maleisiese Grand Prix FIM MotoGP Maleisiese Motorfiets Grand Prix Prix Maleisië Merdeka uithouren |
Lengte | 5.543 km (3.445 mi) |
Draaie | 15 |
Rondterekord | 1:34.223 (Juan Pablo Montoya, Williams, 2004) |
Die Sepang Internasionale Renbaan is geleë langs die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe en 20 km buite die stedelike gebied van Kuala Lumpur in Maleisië.
Uitleg en fisiese uitdagings
[wysig | wysig bron]Die baan bied 'n groot fisiese uitdaging omdat dit vele hoëspoeddele en ook skerp draaie insluit. Die gebied word ook gekenmerk deur warm en bedompige weersomstandighede wat baie onvoorspelbaar is en dus vinnig kan verander.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die baan is deur die Duitse argitek, Hermann Tilke, ontwerp. Konstruksie het vroeg in 1998 begin en is in September 1999 voltooi, betyds vir die eerste Formule Een Maleisiese Grand Prix, wat deur Eddie Irvine in 'n Ferrari gewen is.
Die finale Formule Een-motorwedren was op 1 Oktober 2017.
Die Grand Prix Motorfietskampioenskap word elke jaar sedert 2000 hier gehou.