Slankglasvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Slankglasvis
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Superfamilie: Percoidea
Familie: Ambassidae
Genus: Ambassis
(Cuvier, 1828)[1][2]
Spesie: A. natalensis
Binomiale naam
Ambassis natalensis
(Gilchrist & Thompson, 1908)[3]

Die Slankglasvis (Ambassis natalensis) is 'n vis wat voorkom aan Madagaskar, Mauritius en die aan die ooskus van Afrika, van die Zambezirivier tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Smooth glassy.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is silwerkleurig en die membraam tussen die 2de en 4de dorsale vin se stekels is swart. Die skubbe aan die bokant van die vis het swart rante en die vissie word nie langer as 10 cm nie. Die vis het geen kommersiële waarde nie en word slegs gebruik vir aas.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies om in riviermondings en beskuttte kuswater te leef. Die wyfie skiet kuit vanaf Augustus tot November. Hulle vreet hoofsaaklik in die dag en vroeë aand en vreet onder andere soöplankton, alge en insek larwes. Die vis oorleef ook in akwariums.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cuvier, G. & A. Valenciennes, 1828. Histoire naturelle des poissons. Tome second. Livre Troisième. Des poissons de la famille des perches, ou des percoïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 2: i-xxi + 2 pp. + 1-490, Pls. 9-40.
  2. uBio (en)
  3. Gilchrist, J. D. F. & W. W. Thompson, 1908. Descriptions of fishes from the coast of Natal. Ann. S. Afr. Mus. v. 6 (pt 2): 145-206.

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]