Toyota E enjin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Toyota carlogo.svg
'n Toyota 2E enjin

Die Toyota E-reeks is 'n inlynviersilinderenjinreeks, en gebruik 'n tydreëlband eerder as 'n -ketting. Die E-enjins was die eerste multi-klepenjins van Toyota ontwerp met ekonomie, praktiese en alledaagse gebruik in gedagte (eerder as prestasie). Soos baie ander Toyota-enjins van die era, beskik die E-enjinreeks oor 'n gietysterblok met 'n aluminiumsilinderkop.

E-enjins is ligter in vergelyking met vroeëre Toyota enjins, as gevolg van die hol krukas, uitgedunde gietsel van die silinderblok, en verskeie ander massaverlagings. Vergasserweergawes sluit in 'n nuutontwerpte, veranderlike-venturi vergasser. Al hierdie veranderinge verbeter ekonomie en kraglewering. Die E-familie enjins wissel van 1.0 tot 1.5 L in verplasing.

Die E-familie vervang die K-enjins in die meeste toepassings. Meeste onderdele in die reeks is onderling uitruilbaar.


Toyota carlogo.svg

Huidige modelle: Auris · Avanza · Avensis · Camry · Corolla · Corolla Verso · Etios· FJ Cruiser · Fortuner · HiAce · Hilux ·
Isis · ist · Land Cruiser · Land Cruiser Prado · Prius · Porte · Quantum · Prius · Ractis · RAV4 · 4Runner · Toyota 86 · Yaris
Uit produksie: 2000GT · Celica · Corona · Cressida · Crown · Dyna · MR2 · Previa · Supra
Enjins: A · AD · AZ · E · F · G · GR · K · M · NZ · R · S · T · V · W · ZZ
Toyota-webwerf

Wysig hierdie sjabloon