Toyota RAV4

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Toyota RAV4
2010 Toyota RAV4 Limited -- 12-12-2010 2.jpg
2010 Toyota RAV4 Limited
Oorsig
Vervaardiger Vlag van Japan Toyota
Produksie 1994–huidig
Bakwerk en onderstel
Klas Oorkruis SNV
Bakstyl Mini/kompakte SNV
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf

Die Toyota RAV4 is 'n sportnutsvoertuig (SNV) wat deur die Japannese motorvervaardiger Toyota gebou word. Dit was die eerste kompakte oorkruis SNV, wat sy debuut in Japan en Europa in 1994 gemaak het, en die volgende jaar in die VSA.

Die voertuig is ontwerp vir verbruikers wat 'n voertuig verlang wat die meeste van die voordele van 'n SNV het, soos 'n vergrote vragruim, hoër sigbaarheid en die opsie van voltydse vierwielaandrywing, plus die beweeglikheid en goeie brandstofverbruik van 'n kompakte motor. Alhoewel nie alle RAV4's oor vierwielaandrywing beskik nie, staan RAV4 vir "Recreational Active Vehicle" met viertrek, omdat die bogenoemde toerusting slegs 'n opsie in sekere lande is.

Vierde geslag (XA40)
2013 Toyota RAV4 XLE AWD front left.jpg
Oorsig
Produksie Desember 2012–huidig
Modeljare 2013–huidig
Montering Ōbu, Aichi, Japan[1]
Tahara, Aichi, Japan[2]
Woodstock, Ontario, Kanada
Tianjin, Sjina
Bakwerk en onderstel
Bakstyl 5-deur stasiewa
Platform Toyota New MC platform
Spesifikasies
Enjin 2.0 L Toyota 3ZR-FAE I4 (petrol)
2.2 L Toyota 2AD-FTV I4
(diesel)
2.2 L Toyota 2AD-FHV I4 (diesel)
2.5 L Toyota 2AR-FE I4 (petrol)
Ratkas 6-gang handrat
6-gang outomaties
Palwisselratstelsel (CVT) outomaties
Lengte 4570 mm
Breedte 1845 mm
Hoogte 1660 - 1705 mm
Asafstand 2660 mm

Die vroeë sukses van die RAV4 het die weg gebaan vir kompeterende kompakte oorkruis-SNV's soos die Ford Escape en die Subaru Forester. In die meeste markte, is die RAV4 die enigste kompakte SNV of oorkruiser beskikbaar by Toyota. In ander markte, dit is die oorkruiser-eweknie van die Toyota FJ Cruiser. Sedert die 2006-derde geslagmodel, het Toyota beide kort- en lang-asafstand weergawes van die RAV4 aangebied. Kort-asafstandweergawes word verkoop in Japan en Europa, met Australië en Noord-Amerika wat die lang-asafstandweergawes ontvang.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Stricker, Tom of Toyota Motor North America (2014-04-30). "VIN Coding System for 2015MY Toyota RAV4, 2015MY Toyota Tacoma, 2015MY Lexus GS 350, 2015MY Lexus GS 350 AWD, and 2015MY Lexus GS 450h" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2015-06-18.  Onbekende parameter |recipient= geïgnoreer (help)
  2. Stricker, Tom of Toyota Motor North America (2012-09-05). "VIN Coding System for Certain 2013MY Toyota RAV4, Toyota RAV4 Limited AWD, and Toyota RAV4 AWD" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2015-06-17.  Onbekende parameter |recipient= geïgnoreer (help)


Toyota carlogo.svg

Huidige modelle: Auris · Avanza · Avensis · Camry · Corolla · Corolla Verso · Etios· FJ Cruiser · Fortuner · HiAce · Hilux ·
Isis · ist · Land Cruiser · Land Cruiser Prado · Prius · Porte · Quantum · Prius · Ractis · RAV4 · 4Runner · Toyota 86 · Yaris
Uit produksie: 2000GT · Celica · Corona · Cressida · Crown · Dyna · MR2 · Previa · Supra
Enjins: A · AD · AZ · E · F · G · GR · K · M · NZ · R · S · T · V · W · ZZ
Toyota-webwerf

Wysig hierdie sjabloon


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.