Toyota Corolla

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Toyota Corolla
2016 Toyota Corolla (ZRE172R) Ascent sedan (2017-01-15) 01.jpg
Toyota Corolla E170
Oorsig
Vervaardiger Toyota MotorkorporasieVlag van Japan Japan
Produksie 1966–huidig
Bakwerk en onderstel
Klas Subkompakte motor (1966–1991)
Kompakte motor (1991–huidig)
Plek in geskiedenis
Voorganger Toyota Publica

Die Toyota Corolla is 'n reeks kompakte motors wat reeds dekades lank deur Toyota vervaardig word. Die Corolla het sedert sy bekendstelling in 1966 daarin geslaag om die besverkoper motor wêreldwyd te word in 1974.[1]

In 1997 was die Corolla die besverkoperkenteken in die wêreld deur die Volkswagen Beetle verby te steek.[2]

Toyota bereik 'n mylpaal van 40 miljoen Corollaverkope oor elf geslagte in Julie 2013.[3] Die reeks het verskeie groot herontwerpe ondergaan.

Die volgende generasies is geproduseer:

Eerste generasie E1 of E10[wysig | wysig bron]

Eerste generasie Corolla

Die eerste generasie Corolla is in 1966 vrygestel as opvolger vir die Toyota Publica. Die motor was aanvanklik alleenlik verkrygbaar met 'n 1.1 liter-enjin, wat in 1968 vervang is deur 'n sterker 1.2 liter-enjin. Die Corolla was beskikbaar in 'n sedan-, koepee- (ook "sprinter" genoem) en stasiewavariasie.

Tweede generasie E2 of E20[wysig | wysig bron]

Tweede generasie Corolla

Die tweede generasie Corolla word in 1971 vrygestel. Die model was effens groter en die bakvorm was ronder. Behalwe die bestaande 1.2 L-enjin word die Corolla ook toegerus met 'n 1.6 liter-enjin.

Derde generasie E3-E5 of E30-E50[wysig | wysig bron]

Derde generasie Corolla

Die derde generasie Corolla word in 1975 vrygestel, alhoewel die E2 vir nog 'n paar jaar verkoop is. Daar was 'n 2-deur en 4-deur sedan, 2-deur koepee en 'n stasiewa beskikbaar. In 1976 word die eerste liftbackvariasie bekendgestel.

Vierde generasie E7 of E70[wysig | wysig bron]

Vierde generasie Corolla

Die vierde generasie is in 1979 vrygestel. As basisenjin dien die nuwe 4K-enjin met 'n silinderinhoud van 1.3 liter. Die sedan was as 'n 2- en 4-deur en die stasiewa as 'n 3- en 5-deur beskikbaar.

Vyfde generasie E8 of E80[wysig | wysig bron]

Vyfde generasie Corolla

De vyfde generasie pronk vanaf 1983 in die vertoonlokale. Aanvanklik was daar net 'n 4-deur sedan, 'n 5-deur liftback en 'n 2-deur koepee. Enjinopsies was 'n 1.3- en 1.6 liter-petrolenjin, asook 'n 1.8 liter-dieselenjin. Die koepee was toegerus met 'n spesiale 1.6 twincammotor met 16 kleppe (kode 4AGE). Met die uitsondering van die koepee was alle E8-modelle voorwielaangedrewe, tot dan toe was alle Toyota Corolla’s agterwielaangedrewe.

Agtste generasie E11 of E110[wysig | wysig bron]

Agtste generasie Corolla (voor facelift)
Agtste generasie Corolla (na die facelift)

Die agtste generasie het in 1997 die lig gesien.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Gasnier, Matt (18 Julie 1975). "World 1974: Toyota Corolla takes command". Verkry op 15 Mei 2013. 
  2. "History of the Corolla". USA: Toyota. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2006. Verkry op 20 Maart 2013. 
  3. Jeffrey N. Ross (7 September 2013). "Toyota says you might have the 40-millionth Corolla ever built". Autoblog.com. Verkry op 7 September 2013. 


Toyota carlogo.svg

Huidige modelle: Auris · Avanza · Avensis · Camry · Corolla · Corolla Verso · Etios· FJ Cruiser · Fortuner · HiAce · Hilux ·
Isis · ist · Land Cruiser · Land Cruiser Prado · Prius · Porte · Quantum · Prius · Ractis · RAV4 · 4Runner · Toyota 86 · Yaris
Uit produksie: 2000GT · Celica · Corona · Cressida · Crown · Dyna · MR2 · Previa · Supra
Enjins: A · AD · AZ · E · F · G · GR · K · M · NZ · R · S · T · V · W · ZZ
Toyota-webwerf

Wysig hierdie sjabloon
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.