Toyota

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Toyota Motor Corporation
Toyota carlogo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1937
Hoofkantoor Toyotastad, Aichi,Japan
Sleutelpersone Takeshi Uchiyamada (Voorsitter)
Akio Toyoda (President en HUB)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Motorvervaardiger
Produkte Motors, bakkies, vragmotors, motorfietse, enjins
Dienste Bankwese, finansiering, versekering
Inkomste ¥22.064 triljard
Bedryfsinkomste ¥1.320 triljard
Netto inkomste ¥962.1 miljard
Werknemers 333 498 (2013)
Moedermaatskappy Toyota Groep
Divisies Lexus, Scion, Hino, Daihatsu

Toyota (Japannees: トヨタ自動車株式会社) is 'n reuse Japannese motorvervaardiger met sy hoofkantoor in Toyotastad, Aichi, Japan. Sedert 1933 vervaardig die maatskappy voertuie met die grootste afsetgebied vir sy produkte in Japan, Europa, Afrika, Asië en Noord-Amerika. Die Toyota Motor Co is in 1937 as 'n onafhanklike maatskappy gestig. In 2008 oortref Toyota se verkope dié van General Motors, wat Toyota sederdien nommer een in die wêreld maak.

Toyota is wat navorsing en ontwikkeling betref een van die leiers op die gebied van motorenjins wat alternatiewe brandstof gebruik. So is hulle hibriedmotor, 'n Prius, reeds vir 'n paar jaar op die mark. Dit maak primêr gebruik van 'n elektriese motor vir meeste aandrywing, wat slegs deur 'n binnebrandenjin ondersteun word wanneer ekstra krag of 'n versnelling van die voertuig benodig word.

'n Nuwe Toyota Corolla (2009)
'n Toyota Prius hibriedmotor
'n Hino vragmotor
Toyota se Formule-1 renmotor (2004)
Toyotafabrieke oor die wêreld heen

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.