Verdrag van Maastricht
Die Verdrag van Maastricht (amptelik die Verdrag betreffende die Europese Unie, kortweg EU-Verdrag) is op 7 Februarie 1992 in Maastricht onderteken en het die Europese Unie opgerig. Die verdrag het op 1 November 1993 in werking getree.
Die verdrag is deur alle destydse lidstate van die Europese Gemeenskappe: België, Denemarke, Duitsland, Griekeland, Spanje, Frankryk, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Portugal en die Verenigde Koninkryk onderteken.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In die 1970s en 1980s het in Europa talle organisasies bestaan wat deelgebiede van die Europese eenwording gedek het. Dit het tot verwarring en tot gemors met geld gelei. Dit was veral Altiero Spinelli wat getrag het om dit te verander en verbeter. Die Franse president François Mitterrand het ingesien dat die groot veranderings in Europa aan die einde van die Koue Oorlog vereis dat Frankryk sy veto teen verder integrasie opgee en dit het tot die Verdrag van Maastricht gelei, wat die bestaande organisasies in een Europese Unie saamgevat het. Aanvanklik het die nuwe Unie 'n pilaarstruktuur geken. In later verdrae (Lissabon 2009) is dit afgeskaf.
Pilarestruktuur
[wysig | wysig bron]Daar was drie pilare:
- Die Europese Gemeenskappe
- Die gemeenskaplike buitelandse en veiligheidsbeleid
- Justisie en binnelandse sake
Die eerste pilaar, die Europese Gemeenskappe was die grootste deel hiervan en dit het bestaan uit
- Die Europese Gemeenskap, wat daarvoor Europese Ekonomiese Gemeenskap was.
- Euratom
- Die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS)
Gewysigde verdrae
[wysig | wysig bron]Die Verdrag van Parys (1951) wat die EGKS geskep het en die Verdrag van Rome (1957) wat Euratom en EEG geskep het, is gewysig en die EEG se naam is gewysig in Europese Gemeenskap omdat dit op talle ander gebiede aktief geword het as net die ekonomiese mark. In die verdrag is byvoorbeeld bepaal dat 'n Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) gevorm word wat eers gepoog het om die munte van Europa aanmekaar te koppel en later tot die invoering van die euro gelei het. Om dit moontlik te maak is daar afsprake gemaak oor die "Maastrichtnorm" wat lidstate verplig het om op hulle begroting seker reëls in ag te neem. Verder is 'n raamwerk aangeneem waarbinne verder politieke en ekonomiese eenwording plaas kon hê.
Die Verdrag van Maastricht is later gewysig en uitgebrei deur
- Die Verdrag van Amsterdam (1997)
- Die Verdrag van Nice (2001)
- Die Verdrag van Lissabon (2007)
Verwysings
[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wikipedia. Sien bron.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Volledige teks van die verdrag
- Gekonsolideerde weergawe van die Verdrag tot oprichting van die Europese Gemeenskap, soos dit was ná die wysiging op grond van die Verdrag van Maastricht
- Gekonsolideerde weergawe van die Verdrag betreffende de Europese Unie (2016)
- Tussentydse weergawes van die EU-verdrag: 1997, 2002, 2006, 2008, 2010, 2012
- Nederlandse parlementêre stukke waarin hierdie onderwerp ter sprake kom.
Onderteken In werking Dokument |
1948 1948 Brussel |
1951 1952 Paris |
1954 1955 Modified Brussel |
1957 1958 Rome |
1965 1967 Samesmelting Verdrag |
1975 N/A Europese Raad |
1986 1987 Europese Akte |
1992 1993 Maastricht |
1997 1999 Amsterdam |
2001 2003 Nice |
2007 2009 Lissabon |
||||||||||
Pylerstruktuur van die Europese Unie: | |||||||||||||||||||||
Europese Gemeenskap (EG): | |||||||||||||||||||||
Europese Atoomenergie Gemeenskap (EAG) | |||||||||||||||||||||
Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) | Verdrag 2002 beëindig | Europese Unie (EU) | |||||||||||||||||||
Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) | Europese Gemeenskap (EG) | ||||||||||||||||||||
TREVI | Justisie en Binnelandse Sake (JBS) | ||||||||||||||||||||
Polisiële en justisiële samewerking in strafsake (PJSS) | |||||||||||||||||||||
Europese politieke samewerking (EPS) | Gemeenskaplik buitelands en veiligheidsbeleid (GBVB) | ||||||||||||||||||||
Ongekonsolideerde liggame | Wes-Europese Unie (WEU) | ||||||||||||||||||||
Verdrag 2010 beëindig | |||||||||||||||||||||