Angoulême

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Angoulême
Die katedraal Saint-Pierre d'Angoulême
Die katedraal Saint-Pierre d'Angoulême
Wapen van Angoulême
Wapen
Ligging van Angoulême op 'n kaart (Frankryk)
Angoulême
Angoulême
Koördinate: 45°38′56″N 0°09′39″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Poitou-Charentes flag.svg Poitou-Charentes
Département Blason département fr Charente.svg Charente
Arrondissement Angoulême
Kanton Angoulême-Oos, Angoulême-Noord, Angoulême-Wes
Regering
 - Burgemeester Philippe Lavaud
Oppervlak
 - Stad 21,85 km²  (8,4 vk m)
Hoogte 27–130 m (89–430 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 42 242
 - Digtheid 1 933/km² (5 006,4/myl2)
 - Stedelik 178 650
Poskode 16000
Skakelkode(s) 16015
Webwerf: angouleme.fr

Angoulême (Saintongeais: Engoulaeme) is 'n Suid-Wes-Franse stad in die administratiewe gewes Poitou-Charentes en die prefektuur of hoofstad van die département Charente. Angoulême is op 'n heuwel aan die Charente-rivier geleë en beslaan 'n oppervlakte van 21,85 vierkante kilometer met 42 242 inwoners (2009).

Angoulême het internasionale bekendheid verwerf met sy strokiesprent-sentrum Centre national de la bande dessinée et de l'image en die strokiesprent-fees Festival International de la Bande Dessinée d'Angoulême. Die stad is daarnaas met die amptelike titel Ville d'art et d'histoire ("Stad van kuns en geskiedenis") vereer en het tot 'n gewilde toeristetrekpleister ontwikkel.

As hoofstad van die historiese provinsie Angoumois, wat grootliks met die huidige département Charente ooreenkom, was Angoulême eeue lank 'n versterkte nedersetting by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat verskeie kere beleër is. Vandag maak die stad deel uit van een van die mees geïndustrialiseerde streke in die gewes. Vanaf die 16de eeu was papiervervaardiging die belangrikste bedryf, later het ook metaalgieterye en elektromeganiese nywerhede ontstaan.