Asklepios

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Tekening van 'n beeld van Asklepios in die Louvre.

Asklepios (Grieks: Ἀσκληπιός) was in die Griekse mitologie die god van medisyne en genesing. Sy dogters was Hygieia ("Gesondheid"), Iaso ("Medisyne"), Aceso ("Genesing"), Aglaia ("Gesonde Gloed") en Panacea ("Universele Geneesmiddel"). Die staf van Asklepios met ’n slang daarom is vandag steeds die simbool van medisyne.

Mite[wysig]

Geboorte[wysig]

Asklepios was die seun van Apollo en Coronis. Sy ma is doodgemaak omdat sy ontrou aan Apollo was en is op ’n brandstapel neergelê, maar die ongebore kind is uit haar baarmoeder gered. Apollo het die baba na die sentour Chiron geneem, wat hom grootgemaak en in medisyne opgelei het.[1]

Vrou en kinders[wysig]

Asklepios was met Epione getroud en hulle het ses dogters (Hygieia, Meditrina (die slangdraer), Panacea, Aceso, Iaso en Aglaia)[2][3] en drie seuns (Machaon, Podaleirios en Telesphoros) gehad. Hy het ook ’n seun, Aratus, by Aristodama gehad.

Dood[wysig]

Zeus het Asklepios met ’n weerligstraal doodgemaak omdat Asklepios Hippolytus uit die dood opgewek en goud daarvoor aanvaar het.[4]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Pindar, Pythian Ode 3. 5 ff (trans. Conway) (Greek lyric C5th B.C.)
  2. Greek Lyric V Anonymous, Fragments 939 (Inscription from Erythrai) (trans. Campbell) (B.C.)
  3. Suidas s.v. Epione (trans. Suda On Line) (Byzantine Greek lexicon C10th A.D.)
  4. Philodemus, On Piety (trans. Campbell, Vol. Greek Lyric IV Stesichorus Frag 147 & Cinesias Frag 774) (C7th to 6th B.C.)
Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAtenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephone
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOedipusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinne