Ikaros

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ikaros, deur Hendrik Goltzius.
Weeklag oor Ikaros, deur Herbert James Draper.

Ikaros (Grieks: Ἴκαρος) is ’n karakter in die Griekse mitologie. Hy was die seun van Daidalos en is die bekendste vir sy poging om van Kreta af te ontsnap, wat sy dood tot gevolg gehad het.

Ontsnapping van Kreta[wysig]

Daidalos en Ikaros, deur Frederic Leighton, omstreeks 1869.

Ikaros se pa, Daidalos, ’n talentvolle Atheense vakman, het probeer ontsnap van Kreta, waar hy en sy seun gevange gehou is deur Minos, die koning vir wie hy die labirint gebou het om die minotourus (half man, half bul) te hou. Daidalos is verban omdat hy vir Minos se dogter, Ariadne, ’n stuk tou gegee het om Theseus, Minos se vyand, te help om in die labirint te oorleef en die minotourus te verslaan.

Daidalos het twee paar vlerke van was en vere vir hom en sy seun gemaak. Voordat hulle van die eiland af weg is, het Daidalos sy seun gewaarsku om nie te na aan die son of die see te vlieg nie. Oorstelp deur die wonder om te vlieg het Ikaros nuuskierig deur die lug geswiep. Hy het egter te na aan die son gekom, die was het gesmelt en die vere het afgeval. Ikaros het in die see geval.[1]

Griekse skrywers het ook ’n meer realistiese weergawe van die verhaal gegee: dat hulle eintlik per boot gevlug het en dat Ikaros toe oorboord geval en verdrink het. Daarna het Herakles vir hom ’n graftombe opgerig.[2][3]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Robert Graves (1955). “92 – Daedalus and Talus”, The Greek Myths. 
  2. In Smith, William: A Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology. 
  3. Pinsent, J. (1982). Greek Mythology. New York: Peter Bedrick Books. 

Bronne[wysig]

  • Graves, Robert, (1955) 1960. The Greek Myths, seksie 92 passim
  • Smith, William, red. A Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology
  • Pinsent, J. (1982). Greek Mythology. New York: Peter Bedrick Books.

Eksterne skakels[wysig]

Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAtenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephone
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOedipusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinne