Dundee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Dundee (dubbelsinnig).
Dundee
Ligging van Dundee op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Dundee
Dundee
Koördinate: 28°10′21″S 30°13′53″O Koördinate: 28°10′21″S 30°13′53″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit uMzinyathi
Plaaslike Munisipaliteit Endumeni
Stigting 1882
Oppervlak
 - Dorp 48,60 km²  (18,8 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 34 924
 - Digtheid 720/km² (1 864,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3000
Skakelkode(s) 034
Webwerf: http://www.dundee.co.za/
Boere aanskou die gevegte te Dundee, 1899

Dundee is 'n dorp in noordelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika aan die noordelike kant van die Biggarsberg. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 34 924 gehad, waarvan 2 500 (7.16%) blank was[1].

Geskiedenis[wysig]

KwaZulu-Natal se steenkoolnywerheid het hier ontstaan. Reeds gedurende die 1850's het reisigers steenkool opgetel en dit ook in strome gevind. In 1862 het Peter Smith, eienaar van die plaas Talana, begin om steenkool per ossewa in Pietermaritzburg te bemark. Gedurende 1880 is die steenkoolreserwes bevestig na afloop van 'n geologiese opname. Mynboubedrywighede het vinnig toegeneem. In 1879 is 'n fort hier gebou en die behoefte aan 'n dorp het dringend geword. Peter Smith het 'n dorp op sy plaas uitgelê in 1882. Die DurbanJohannesburg-spoorlyn het die dorp in 1889 bereik.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 700 km2 groot. Die belangrikste bedrywighede is bees- en skaapboerdery en mielieverbouing. Slegs een steenkoolmyn is nog in bedryf. Daar is nog ongeveer 2 700 miljoen ton se steenkoolreserwes in die Dundee- en Vryheid-omgewing.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Bronne[wysig]