Ethiopiese Lugdiens Vlug 409

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ethiopiese Lugdiens Vlug 409
Datum: 25 Januarie 2010
Oorsaak: Word nog ondersoek
Plek van ramp: Middellandse See, 3.5km vanaf die kus van Na'ameh, Libanon
Sterftes: 90 (16 bevestig)
Beserings: Nie van toepassing
Vliegtuig Tipe: Boeing 737-8AS
Vliegtuig Stertnommer: ET-ANB
Oorsprong: Beiroet Rafic Hariri Internasionale Lughawe, Libanon
Bestemming: Bole Internasionale Lughawe, Addis Abeba, Ethiopië
Passasiers: 82
Bemanning: 8
Oorlewendes: Geen

Ethiopiese Lugdiens Vlug 409 was 'n geskeduleerde internasionale vlug vanaf Beiroet, Libanon na Addis Abeba, Ethiopië, wat op die 25ste Januarie 2010 kort nadat dit opgestyg het, in die Middellandse See neergestort het. Al 90 mense aan boord het omgekom.

Die vliegtuig[wysig]

Die vliegtuig betrokke was 'n Boeing 737-8AS met registrasie ET-ANB. Die vliegtuig het oorspronklik aan Ryanair behoort en is op 4 Februarie 2002 bekom en geregistreer as EI-CSW. In September 2009 was dit aan die Ethiopiese Lugdiens verhuur. Die vliegtuig het op 25 Desember 2009 instandhoudingswerk ondergaan sonder dat enige tegniese probleme gevind is[1].

Ongeluk[wysig]

Die Boeing 737 het in die Middellandse See kort nadat dit van die Beiroet Rafic Hariri Internasionale Lughawe in stormagtige weer opgestyg het, neergestort. Daar was 82 passasiers en 8 bemanningslede aan boord die vlug. Die METAR data het windsnelhede van 8 knope (15 km/h) uit verskillende rigtings en donderstorms in die omgewing van die lughawe aangedui. Die vliegtuig het tot ‘n hoogte van 9000 voet[2] geklim voordat dit na omtrent vier tot vyf minute in die vlug van die radar verdwyn het[3]. Ooggetuies aan die kus het gemeld dat die vliegtuig aan die brand was voordat dit in die see gestort het[4]. Die vlug was oppad na Addis Abeba en sou 07:50 plaaslike tyd land.

Dit was die eerste ongeluk in of naby die Beiroet Internasionale Lughawe sedert 1987 toe 'n Midde-Oosterse Lugdiens Boeing 707-323C daar verongeluk het. Dit was ook die eerste ongeluk vir die lugredery sedert die kaping van Ethiopiese Lugdiens Vlug 961 in 1996.[4]

Soek- en reddingsoperasie[wysig]

Die oggend na die ongeluk het die Libanese owerhede gerapporteer dat die ongelukstoneel 3,5 kilometer vanaf die kus van Na'ameh[5] geleë is. Die soektog na oorlewendes is deur die Libanese Weermag uitgevoer. Die weermag het van Sikorsky S-61 helikopters gebruik gemaak asook hulp van die Libanese Vloot en UNIFIL-troepe[6]. Die VSA se militêre magte het op versoek van die Libanese regering, die USS Ramage, 'n Marine P-3 vliegtuig, en die herwinningsskip USNS Grapple[7] na die ongelukstoneel gestuur. Die Franse Vloot het 'n Breguet Atlantiese verkenningsvliegtuig gestuur. Die UNIFIL het drie skepe en twee helikopters gestuur. Die Royal Air Force en die Siprus polisie se lugvleuel het verdere helikopters beskikbaar gestel om te help met die soek- en reddingsoperasie. Reddingspogings is aanvanklik deur hoë golwe en sterk winde belemmer. Wrakstukke soos stoele en kleiner dele van die vliegtuig het op die Libanese kus uitgespoel. Op 6 Februarie is net 16 sterftes amptelik bevestig, maar al 90 mense aan boord van die vliegtuig is vermoedelik oorlede.

Die liggame wat uit die see gehaal is, is na die Rafik Hariri Universiteitshospitaal in Beiroet geneem vir DNS onttrekking en identifikasie. Op 5 Februarie is berig dat die Amerikaanse skip, die Odyssey Explorer[8] die volgende week sou arriveer om te help na die soektog van die vliegtuig se kajuitstemopnemer en vlugdata-opnemer. Die Libanese Weermag op 6 Februarie berig dat verskeie groot dele van die vliegtuig op ‘n diepte van 45 meter[9] op die seebodem gevind is. Op 7 Februarie 2010 het skubaduikers van die Libanese Weermag die vliegtuig se vlugdata-opnemer gevind en is dit na die Beiroet Vlootbasis gestuur en aan die ondersoekspan oorhandig[10].

Ondersoek[wysig]

Die Libanese owerhede het 'n ondersoek na die ongeluk gelas. Die National Transportation Safety Board (NTSB), die Franse Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile (BEA)[11] en Boeing werk saam om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Die Libanese president, Michel Suleiman het verklaar dat terrorisme uitgesluit kan word as oorsaak vir die ongeluk.[12] Die Libanese Minister van Inligting, Tarek Mitri het aantuigings weerspreek dat die vliegtuig nooit in sulke stormweer moes opstyg nie en beweer dat al die bedrywighede op die lughawe normaal en korrek uitgevoer was soos gewoonlik. Libanese Vervoer en Openbare Werke minister, Ghazi Aridi en die Libanese Minister van Verdediging, El-Murr Elias het gemeld dat die vlieënier instruksies van die beheertoring verontagsaam het toe dié hom aanbeveel het om sy roete aan te pas en die storm te vermy.[13]

Die Ethiopiese Lugdiens het 'n span van veertien ondersoekers na die toneel van die ongeluk ontbied. Die Verenigde State het ook deskundiges van die National Transportation Safety Board gestuur om te help met die ondersoek. Die NTSB-span is bygestaan deur drie tegniese raadgewers van die Federal Aviation Administration en Boeing. Op 4 Februarie was die vlugdata-opnemer en kajuitstemopname in die see opgespoor op ‘n diepte van 100 meter en ongeveer 3 kilometer van die kus van Na'ameh. Op 7 Februarie is die vlugdata-opmer uit die see gehaal en na die Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile gestuur waar dit ontleed sal word. Op die 16 Februarie is berig dat die kajuitstemopname uit die see gehaal is.

Sommige lugvaartkenners meen dat slegte weer nie alleen verantwoordelik kan wees dat ‘n vliegtuig net neer stort nie en dat daar tegniese probleme moes wees wat veroorsaak het dat die enjin aan die brand geslaan het. Voorlopige verslae dui aan die die ongeluk te wyte aan menslike foute was.[14]

Britse intelligensie agente het die saak in Maart heropen na berigte van 'n terreurverdagte wat in Saoedi-Arabië in hegtenis geneem is wat gesê het Vlug 409 het is deur 'n bom vernietig. Die verdagte het gesê dat die toestel is soortgelyk aan die een wat gebruik word deur Umar byna Abdulmutallab Farouk by Northwest Airlines Vlug 253.[15]

Passasiers en bemanningslede[wysig]

Volgens Anne Charlotte van die Franse ambassade in Libanon, was die vrou van die Franse ambassadeur in Libanon, Marla Sanchez Pietton aan boord. [16]

Die lugredery het die volgende lys van die nasionaliteite van die slagoffers uitgereik:[17]

Nasionaliteit Passasiers Bemanningslede Totaal
Vlag van Libanon Libanon 51 - 51
Vlag van Ethiopië Ethiopië 23 8 31
Flag of the United Kingdom.svg Verenigde Koninkryk 2 - 2
Vlag van Kanada Kanada 1 - 1
Flag of France.svg Frankryk 1 - 1
Vlag van Irak Irak 1 - 1
Vlag van Rusland Rusland 1 - 1
Vlag van Sirië Sirië 1 - 1
Vlag van Turkye Turkye 1 - 1
Totaal 82 8 90

Gevolg[wysig]

'n Gedenkdiens is in die Ethiopiese Lugdiensperseel in Addis Abeba op die 14 Februarie 2010 gehou.[18] Op die dag van die ongeluk, het die Libanese premier, Saad Hariri die dag as ‘n dag van rou verklaar en alle skole, kantore en banke is gesluit.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel, Ethiopian Airlines Flight 409
  1. (en) Hradecky, Simon. “Crash: Ethiopian Airlines B738 near Beirut on Jan 25th 2010, lost height after takeoff and impacted Mediterranean”. URL besoek op 2010-04-09.
  2. (en) Kaminski-Morrow, David (2010-01-25). “Contact with ill-fated Ethiopian 737 lost at 9,000ft”. URL besoek op 2010-04-09.
  3. (en) Ethiopian Airlines jet crashes into sea off Beirut”. 2010-01-25. URL besoek op 2010-04-09.
  4. 4,0 4,1 (en) Henry, Derrick (2010-01-24). “Ethiopian Airliner Crashes Near Beirut”. URL besoek op 2010-04-09.
  5. (en) Lebanon says Ethiopian plane crash site located”. 2010-01-25. URL besoek op 2010-04-09.
  6. (en) ET409 crashed into sea”. 2010-01-25. URL besoek op 2010-04-09.
  7. (en) US salvage ship to aid in Ethiopian Airlines aircraft recovery efforts”. URL besoek op 2010-04-09.
  8. (en) Odyssey Explorer arrives in Lebanon next week, Al-Hayat reports”. 05-02-2010. URL besoek op 2010-04-09.
  9. (en) Black Box Retrieved 14 Days after Ethiopian Plane Crash”. 2010-02-07. URL besoek op 2010-04-09.
  10. (en) Black Box Retrieved 14 Days after Ethiopian Plane Crash”. 2010-02-07. URL besoek op 2010-04-09.
  11. (en) Ethiopian Airlines Flight 409 on 25 January 2010 B 737-800, registered ET-ANB”. Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile. URL besoek op 9 April 2010.
  12. (en) Brits Among 90 Feared Dead In Plane Crash”. Sky News. URL besoek op 9 April 2010.
  13. (en) BBC News (2010-01-26). “Crashed Ethiopia plane 'flew into Beirut storm'”. URL besoek op 2010-04-09.
  14. (en) (Allegedly)Human Error behind Ethiopian Plane Crash: Preliminary Report”. Naharnet. URL besoek op 2010-04-09.
  15. (en) Ethiopian Airlines 'Interested' in Report of Bomb Aboard Crashed Jet”. Voice of America. URL besoek op 2010-04-09.
  16. (en) "Bodies found from Ethiopian Airlines crash." CNN. 25 Januarie 2010. URL besoek op 2010-04-06.
  17. (en) "ET-409 Incident – 25 January 2010." Ethiopian Airlines. 25 Januarie 2010. URL besoek op 2010-04-07.
  18. (en) "ET Flight 409 Accident Update 10 - 16 February, 2010." Ethiopian Airlines. URL besoek op 9 April 2010.

Eksterne Skakels[wysig]