Florida, Gauteng

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Florida
Ligging van Florida op 'n kaart (Johannesburg)
Florida
Florida
Ligging van Florida op 'n kaart (Gauteng)
Florida
Florida
Koördinate: 26°10′30″S 27°55′22.8″O Koördinate: 26°10′30″S 27°55′22.8″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Johannesburg
Oppervlak
 - Stad 5,63 km²  (2,2 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 15 287
 - Digtheid 2 715/km² (7 031,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Skakelkode(s) 011

Florida is 'n plek in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is omtrent 10 myl wes van Johannesburg geleë. Die gebied wat as Florida bekend staan is oorspronklik op die plaas Vogelstruisfontein gestig. Vogelstruisfontein en die plase Roodepoort en Paardekraal is vir mynboukampe gebruik nadat goud in 1881 hier ontdek is.

Die hoofpad deur Florida, Goldmanstraat vorm die ruggraat vir plaaslike sake-aktiwiteit en burgerlike dienste. Die plaaslike biblioteek is een van die beste van sy soort in Johannesburg. 'n Aantal antieke handelaars wat in Afrikana meubels spesialiseer is aan die oostelike punt van Goldmanstraat geleë.

Florida Meer is 'n groot watermassa suid van die spoorlyn. Dit word omring deur residensiële eiendomme in die noorde en parke na die ooste en weste.

Hoewel Florida aanvanklik as 'n wit woongebied geklassifiseer is, is meer as die helfte van die inwoners tans kleurlinge. Die hoofrede hiervoor is die nabygeleë kleurling-townships van Bosmont, Coronationville, Newclare, Westbury en Riverlea.

Die treinstasie is geleë op die Springs na Randfonteinlyn met maklike toegang na Johannesburg.

Die gebied word bedien deur die Afrikaanse Florida Hoërskool en Florida Laerskool, asook die Engelse Florida Primary School en Florida Park High School. Die plaaslike sportveld by Trezona Park is die tuiste van die Florida Albion Sokkerklub, met fasiliteite vir hokkie, krieket, tennis en muurbal.

Die Florasentrum in Florida Hills is die omgewing se grootste en gewildste winkelsentrum.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]