Randburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Randburg
Ligging van Randburg op 'n kaart (Gauteng)
Randburg
Randburg
Ligging van Randburg op 'n kaart (Suid-Afrika)
Randburg
Randburg
Koördinate: 26°5′37″S 28°0′23″O Koördinate: 26°5′37″S 28°0′23″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Johannesburg
Oppervlak
 - Stad 168 km²  (64,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 337 053
 - Digtheid 2 000/km² (5 180/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 2125
Skakelkode(s) 011

Randburg is 'n groot stad wat in Gauteng, Suid-Afrika geleë is.

Geskiedenis[wysig]

Die oorsponklike dorp was op 1 Julie 1959 geproklameer. Die oppervlakte van die dorp was 32 km2 en het bestaan uit 26 voorstede. In 1962 was volle munisipale status toegeken. Terwyl dit eens op 'n tyd as 'n aparte munisipaliteit bestaan het, is die stad se administrasie deesdae deel van die Johannesburgse Metroraad. Omdat Randburg en sy bure, Sandton, Roodepoort en Johannesburg geweldige groei ondervind het, het die provinsiale regering besluit om die munisipaliteite as een metropolitaanse raad saam te voeg.

Die tipiese inwoner van Randburg is oor die algemeen meer welgesteld as die res van Johannesburg. Die area was as 'n wit woonbuurt geklassifiseer gedurende die Apartheid-era, maar na Apartheid het die omgewing meer multikulturele inwoners getrek, alhoewel die wit Engels- en Afrikaanssprekende inwoners steeds die meerderheid vorm.[1]

Randburg is bekend vir sy oormaat winkelsentrums, insluitende die Brightwater Commons, Crestasentrum, Northgate en die Randburg Square (voorheen bekend as die Sanlam Shopping Centre).

Randburg het baie voorstede. Van die groteres is Darrenwood, Linden, Cresta, Aldara Park, Olivedale, Randparkrif, Boskruin en Fairlands. Randburg is nie meer 'n gereguleerde area nie; die inwoners sal die grense as rofweg vanaf die suidelike voorstede van Linden, Northcliff en Cresta, tot in Olivedale en Strijdom Park na die noorde definieer.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]