Limpopo (rivier)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Limpoporivier
Die Limpoporivier in Mosambiek
Die Limpopo se waterskeiding en rivierloop
Die Limpopo se waterskeiding en rivierloop
Oorsprong Samevloei van Krokodilrivier (Wes) en Groot Maricorivier, Suid-Afrika
Monding Xai-Xai, Mosambiek
Indiese Oseaan
Gebied waardeur dit vloei Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika, Vlag van Botswana Botswana, Vlag van Zimbabwe Zimbabwe, Vlag van Mosambiek Mosambiek
Lengte 1 750 km
Oorsprong hoogte 1 800 m
Monding-hoogte 0 m
Gemiddelde afloop 2 000 m/s³
Stroomgebiedoppervlakte 413 000 km²

Die Limpopo is 'n rivier in die binneland van Afrika wat in die Indiese Oseaan uitmond. Die rivier stroom deur verskillende lande, waaronder Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek. Die Limpopo is 1600 km lank en het 'n stroomgebied van 413 000 km². Vasco da Gama die Limpopo in 1498 "ontdek".

Ontstaan en roete[wysig]

Die Limpoporivier ontspring by die samevloei van sy twee hoof-sytakke in die noordelike deel van Suid-Afrika en is ongeveer 1 750 km lank. Dit mond uit in die Indiese Oseaan naby Xai-Xai in Mosambiek, en is die tweede grootste rivier in die streek. Dit loop in 'n boogvorm al langs die grens van die voormalige Transvaal - eers noordoostelik, dan noord, draai oos na Mosambiek en dan in 'n suidoostelike rigting voor uitmonding.

Dit dien as 'n grens vir sowat 640 km, tussen die suidooste van Botswana en die noordweste van Suid-Afrika en verder tussen suidelike Zimbabwe en die noorde van Suid-Afrika.

Sowat 14 miljoen mense woon in die Limpoporivier-bekken, 'n area van ongeveer 413 000 vierkante kilometer. Daar heers groot armoede in hierdie streek, en die rivier kan nie in die waterbehoeftes van al die inwoners voorsien nie.

Sytakke van die Limpopo[wysig]

Krokodilrivier[wysig]

Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg by Witpoortjiestasie in Krugersdorp. Hier is die rivier nog 'n klein stroompie, dit vloei noord, gaan oor die Witpoortjie waterval en onder deur die N14 nasionale pad by Muldersdrift. Hiervandaan kronkel die rivier nog noordwaarts, verby die Lanseria lughawe en vloei in die Hartbeespoortdam in. Anderkant die dam hou die rivier noordwes, verby Brits en deur die Rooikoppiesdam. Die rivier vloei steeds noordwes, suid verby Thabazimbi tot waar die Maricorivier saamvloei met die Krokodilrivier om die Limpoporivier te word.

Groot Maricorivier[wysig]

'n Groot sytak is die Groot Maricorivier. Die rivier ontspring net suid van die dorp Groot Marico, vloei noord verby Groot Marico, deur die Marico-Bosvelddam en verby Silkaatskop tot by Derdepoort. Hier swaai die rivier noordoos tot dit saamvloei met die Krokodilrivier.

Ander sytakke[wysig]

Die Notwane-rivier is nog 'n belangrike sytak van die Limpopo, dit ontspring op die rand van die Kalahariwoestyn in Botswana en vloei in 'n noord-oostelike rigting.[1] Die hoofsytak van die Limpopo, die Olifantsrivier, wat in Mosambiek saamvloei, lewer byna 1,233 miljoen m3 water per jaar.[2]

Lys van sytakke[3][wysig]

Linkerkant (almal vloei in Botswana of Zimbabwe)[wysig]

Regterkant (almal ontspring in Suid-Afrika)[wysig]

Bronnelys[wysig]

  1. The Notwane River, Botswana
  2. Görgens, A.H.M. en Boroto, R.A. 1997. Limpopo River: flow balance anomalies, surprises and implications for integrated water resources management. In: Proceedings of the 8th South African National Hydrology Symposium, Pretoria, South Africa.
  3. Major rivers and streams within the Limpopo River Basin