Nadine Gordimer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nadine Gordimer
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Nadine Gordimer in 2010

Gebore 20 November 1923
Springs
Oorlede 13 Julie 2014
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Skrywer
Bekend vir Boeke
Huweliksmaat Gerald Gavron (1949–?; geskei; 1 kind)
Reinhold Cassirer (1954–2001; sy dood; 1 kind)

Nadine Gordimer (1923 - 2014) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van hoofsaaklik Engelse romans en toneelstukke. Sy wen die Booker-prys in 1974 en die Statebondprys in 2002. In 1991 wen sy die Nobelprys vir Letterkunde en word die eerste Suid-Afrikaner en eerste vrou in 25 jaar om die prys te wen.[1]

Gordimer is op 20 November 1923 in Springs, destyds in Transvaal, gebore. Haar ouers was van Brits-Joodse en Litouse afkoms. Sy begin van jongs af skryf en haar artikels is reeds op 13- of 14-jarige ouderdom in klein tydskrifte gepubliseer.

Sy sterf op 13 Julie 2014 op 90-jarige ouderdom in haar slaap by haar huis in Johannesburg.[2] Oor haar lewe het sy 'n totaal van 15 romans, 12 bundels kortverhale en 'n hele aantal nie-fiksie geskryf. Haar boeke is in 40 tale wêreldwyd gepubliseer.

Foto van Nadine Gordimer

Publikasies[wysig]

Romans[wysig]

  • 1953 The Lying Days
  • 1958 A World of Strangers
  • 1963 Occasion for Loving
  • 1966 The Late Bourgeois World
  • 1970 A Guest of Honour
  • 1974 The Conservationist - gesamentlike wenner van die Booker-prys in 1974
  • 1979 Burger's Daughter
  • 1981 July's People
  • 1987 A Sport of Nature
  • 1990 My Son's Story
  • 1994 None to Accompany Me
  • 1998 The House Gun
  • 2001 The Pickup
  • 2005 Get a Life
  • 2012 No Time Like the Present

Ander werke[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Nadine Gordimer (kategorie)
  • 1973 On the Mines
  • 1986 Lifetimes Under Apartheid
  • 1983 "Choosing for Justice: Allan Boesak" (dokumentêr met Hugo Cassirer)
  • "Berlin and Johannesburg: The Wall and the Colour Bar" (dokumentêr met Hugo Cassirer)

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]