J.M. Coetzee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
J.M. Coetzee
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
J. M. Coetzee in Warskou (2006)

Geboortenaam John Maxwell Coetzee
Gebore 9 Februarie 1940
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Australië Australië
Beroep Romanskrywer, essayis, literêre kritikus, taalkundige, vertaler
Eerbewyse Booker-prys (1983)
Prix Femina Étranger (1985)
The Irish Times International Fiction Prize (1995)
Booker-prys (1999)
Nobelprys vir Letterkunde (2003)

John Maxwell Coetzee (gebore op 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaans gebore skrywer. In 2003 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, die vierde persoon van Afrika, en tweede van Suid-Afrika wat die prys verwerf (die ander was Nadine Gordimer).

Coetzee is in Kaapstad gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en het in wiskunde en Engels gekwalifiseer.

In die vroeë 1960's het hy in Engeland gewoon, waar hy onder andere as rekenaarprogrameerder gewerk het. Hy het daaroor in Youth (2002) geskryf. Hy het daarna in die VSA gestudeer, en het as dosent in Engels en literatuur gewerk tot 1983. In 1984 het hy terug na Suid-Afrika gekom, as professor by die Universiteit van Kaapstad. In 2002, het hy na Adelaide, Australië verhuis, waar hy burgerskap ontvang het.

Hy was die eerste skrywer wat twee keer die Booker-prys gewen het, vir Life & Times of Michael K in 1983, en Disgrace in 1999.

Coetzee is op 14 Junie 2010 in Amsterdam benoem tot Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw, die oudste en hoogste Nederlandse siviele orde. Tydens die seremonie is hy geprys vir sy rol as verbindingsoffisier tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandse kulture.[1]

Boeke[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. J.M. Coetzee word Nederlandse ridder, Nuus24, besoek op 16 Mei 2010.