Ndebeles

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Ndebele (persoon))
Spring na: navigasie, soek
Ndebele
Ndebeles.jpg
Totale bevolking: 4 500 000+
Belangrike bevolkings  in: Zimbabwe (1 500 000).
Taal: Noord-Ndebele, Suid-Ndebele
Geloofsoortuiging: Christene
Verwante etniese groepe: Nguni, Zoeloe, Balete.

Die Ndebele (ook bekend as Matabeles) is 'n inheemse Afrika stam wat hoofsaaklik in Zimbabwe woon. Hulle was oorspronklik 'n vertakking die Zoeloevolk, en hul oorsprong kan teruggespoor word na die opstand van hul leier Silkaats. Nadat hy in 1817 deur Tsjaka in bevel geplaas is, het hy na 'n suksesvolle strooptog nie sy regmatige hulde aan Tsjaka betuig nie. Tsjaka het onmiddellik 'n strafekspedisie uitgestuur om hom en sy volgelinge uit te wis, maar Silkaats vlug oor die Drakensberge. Daar het hy begin om die inwoners van die gebied, nou bekend as die Vrystaat, Noordwes en Gauteng provinsies, stelselmatig uit te moor. In 1836 bots hy met die Voortrekkers en word hy verslaan by Vegkop en Mosega. Uiteindelik het hy die Limpopo oorgesteek en sy volgelinge daar gevestig as die Matabele. Daarna is hulle erken as die vernaamste militêre mag in dié deel van Suider-Afrika, met die Masjonas as hul diensknegte. Na die dood van Silkaats in 1868 het die mag oorgegaan in die hande van sy seun, Lobengoela. Hul militêre mag is finaal gebreek na die Matabele-oorlog van 1893, ten spyte van 'n gepoogde herlewing daarvan in die Matabele-opstand van 1896-97.

Geskiedenis[wysig]

Die Ndebele word tradisioneel verdeel in die Noord- en Suid-Ndebele. Die groep waarna vandag gewoonlik verwys word as Ndebele is die Suid-Ndebele, wat bestaan uit die Ndzundza- (die koninklikes) en Manale-stamgroepe. Die hoëveld van die Limpopo-provinsie (voorheen Noordelike Provinsie) en Mpumalanga is die tuiste van KwaNdebele, of "Plek van die Ndebele". Hierdie mense word die kunstenaarsvolk genoem, hoofsaaklik omdat hulle artistieke uitdrukking gevind het in hul opvallende kleredrag, muurversierings en die oordadige kralewerk van hul kultuur. Hul bekende muurkuns, met die vrye hand en meestal deur vroue gedoen, weerspieël hul aangebore talent, toewyding aan kuns en dringende begeerte om hulle in kleur en ontwerp uit te druk. Grafiese elemente soos telefoonpale, motorvoertuie en geometriese vorms is bronne van inspirasie en word kleurryk uitgebeeld: diere, aan die ander kant, word selde uitgebeeld.

Vandag[wysig]

Die presiese oorsprong van die skilderkuns is onbekend, maar Ndebele-vroue is vandag steeds trots op hierdie muurskilderye. Daar is ook geen besliste teorie oor hoe krale aan die Ndebele bekend gestel is nie. Kenmerkend van Ndebele-vroue is die wye ringe wat hulle om die nek, arms en bene dra. Hierdie koperringe, bekend as Dzilla, word slegs deur getroude vroue gedra en het 'n sterk tradisionele betekenis. 'n Ndebele-vrou se man gee haar die ringe - en hoe meer ringe die vrou vertoon, hoe ryker is haar man. Hierdie etniese tradisies, alhoewel effens veranderd weens Westerse invloed, maak nog steeds 'n groot deel van dié kunstenaarsvolk se kultuur uit.

Etniese groepe in Suid-Afrika Flag of South Africa.svg

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateBasothoGriekwasKaap-MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes