San Marino (stad)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Stad van San Marino
Città di San Marino

Collage San Marino.jpg
Kaart Wapen
San Marino-San Marino.png
Città di San Marino.JPG
Vlag
Flag of City of San Marino.png
 Land Vlag van San Marino San Marino
 Administratiewe gewes Città di San Marino
 Stigting [[3 September 301]]
 Oppervlakte:  
 - Totaal 7.09 vk km
 Hoogte bo seevlak 749 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2003) 4,493
 - Bevolkingsdigtheid 633.71/vk km
 Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CEST (UTC)
 Burgemeester (party) Alessandro Barulli
 Amptelike webwerf Geen

San Marino stad is die hoofstad van San Marino, maar nie die grootste stad in die land nie. Meeste besigheid word in Borgo Maggiore gedoen. Dit begrens die San Marino munisipaliteite van Acquaviva, Borgo Maggiore, Fiorentino, en Chiesanuova asook die Italiaanse munisipaliteit van San Leo. Hoewel dit slegs omtrent 4 500 inwoners het ontvang dit meer as 3 miljoen toeriste per jaar. Die historiese stadskern van San Marino en die Monte Titano is in 2008 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied verklaar.

Geskiedenis[wysig]

Die stad is gestig deur Sint Marinus en verskeie ander Christenvlugtelinge in die jaar 301 na Christus. Sedertdien het die stad 'n hawe geword vir Christenvlugtelinge uit die Romeinse Ryk. Die gevolg is dat die stad die oudste republiek in Europa geword het, aangesien die land aanvanklik slegs uit die enkele stad bestaan het.

Die stad het verskeie geskiedkundige fortifikasies, wat die stad 'n reputasie as 'n ondeurdringbare dorp in die middeleeue gegee het. As gevolg hiervan was daar geen groot aanvalle op die stad geloods nie. Verskeie torings en mure, wat opgerig is om die stad te beskerm, is steeds te siene.

Vervoer[wysig]

San Marino is bekend vir sy klein en kronkelende steenstrate. Sy ligging in die bergagtige terrein van die land plaas dit buite bereik van die land se snelweg. Die meeste van die stad se ouer dele is gesluit vir motors wat dit 'n ideale dorp vir voetgangers maak. Daar is busvervoer wat daagliks tussen Borgo Maggiore en San Marino loop.

Ekonomie[wysig]

Die stad is hoogs afhanklik van toerisme, die verkoop van posseëls en landbou, hoewel laasgenoemde aan die kwyn is. 85% van die toeriste is afkomstig uit Italië. Die stad se lae belasting maak dit 'n gewilde inkopiebestemming met meer as 'n duisend winkels. Die stad se argitektuur, veral die stadsaal (Palazzo Pubblico) en die ikoniese drietorings (wat op verskeie nasionale simbole verskyn), asook die uitsig oor die hele land maak van die stad 'n "moet sien" vir toeriste in die noorde van Italië.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 43°56′05″N 12°26′50″O