Viëtnamese
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Viëtnamees.
Viëtnamese Kinh người Việt (𠊛越) người Kinh (𠊛京) | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 99 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Viëtnam 94 348 835[1] Verenigde State 1 548 449[2] |
Taal: | Viëtnamees |
Geloofsoortuiging: | Oorwegend Viëtnamese volksgodsdiens gemeng met Mahayana-Boeddhisme. Minderhede van Christene (meestal Rooms-Katolieke) en ander groepe.[24] |
Verwante etniese groepe: | Gin (ook bekend as Jing or Kinh) en Muong |
Die Viëtnamese of Kinh (Viëtnamees: người Việt [ŋɨəj˨˩ viət˩], Chữ nôm: 𠊛越 of người Kinh [ŋɨəj˨˩ kiɲ˧], Chữ nôm: 𠊛京) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Viëtnam en die aangrensende lande van Suidoos-Asië met sy oorsprong in die hedendaagse noordelike Viëtnam en suidelike China. Hulle vorm die titulêre nasie van Viëtnam en maak volgens die sensus van 1999 86% van Viëtnam se bevolking uit. Viëtnamese staan amptelik bekend as Kinh om hulle van ander etniese groepe in Viëtnam te onderskei. Die vroegste opgetekende naam vir die ou Viëtnamese blyk Lạc of Lạc Việt (Chinees: 雒越; pinyin: Luòyuè) te wees.
Hoewel Viëtnamese weens geografiese en taalwetenskaplike redes as Suidoos-Asiërs geklassifiseer word, het lang tydperke van Chinese oorheersing en invloede die Viëtnamese kultuur nader aan die Oos-Asiatiese kultuur beweeg, of meer spesifiek hul onmiddellike noordelike bure, die Suider-Chinese en ander stamme van Suid-China. Die woord Việt is verkort van Bach Việt (Chinees: 百越; pinyin: Bǎiyuè), 'n naam wat in antieke tye gebruik is. Nam beteken "suid".
In die Volksrepubliek China behoort die Viëtnamese tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word Gin-mense (Chinees: 京族; pinyin: Jīngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suid-Chinese provinsie van Guangxi aan die grens tot Viëtnam.
Ná die verowering van Saigon deur die kommunistiese Noord-Viëtnam en die daaropvolgende einde van die Viëtnamoorlog in 1975 het meer as 1,5 miljoen Viëtnamese hulself in die Verenigde State gevestig, waarvan sowat 50% in die deelstate Kalifornië en Texas. Hulle vorm die vierde grootste Asiaties-Amerikaanse etniese groep na die Han-Chinese, Filipinos en Indiërs. Die Viëtnamese diaspora verwys na hulself as Người Việt Hải Ngoại (letterlik: "oorsese Viëtnamese") of Người Việt Tự Do ("vrye Viëtnamese"), terwyl Viëtnamese in Viëtnam hulle Việt Kiều (letterlik: "Viëtnamese vreemdelinge") noem.[25]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The world factbook". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ (en) "2010 Demographic Profile Data". United States Census Bureau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2014. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ (en) "Cambodia". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ (fr) "Étude de la Transmission Familiale et de la Practique du Parler Franco-Vietnamien" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2019. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ (en) Year Book Australia, 2012
- ↑ (en) Vietnamese in Taiwan fear an anti-Vietnam backlash may soon ensue Geargiveer 17 Mei 2014 op Wayback Machine
- ↑ (de) http://www.migration-info.de/mub_artikel.php?Id=110904 Geargiveer 14 Maart 2012 op Wayback Machine
- ↑ (ko) [1]. Besoek op 4 Februarie 2016
- ↑ (ja) 在留外国人統計(旧登録外国人統計)統計表 法務省 Japan: Ministry of Justice, 2014
- ↑ (en) "Malaysia to raise minimum wage for Vietnamese laborers". Thanh Nien News. 1 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2014. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ (en) "Vietnamese Community in Great Britain". Runnymede Trust. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ 12,0 12,1 12,2 (en) http://www.oecd.org/dataoecd/18/23/34792376.xls
- ↑ (cz) http://www.czso.cz/csu/cizinci.nsf/t/45002E12A0/$File/c01t01.pdf
- ↑ 14,0 14,1 (vi) "Cộng đồng người Việt Nam ở nước ngoài". Quê Hương. 9 Maart 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2008. Besoek op 22 Februarie 2007.
- ↑ (ru) http://www.perepis2002.ru/ct/doc/TOM_04_03.xls Geargiveer 4 November 2006 op Wayback Machine
- ↑ (en) http://www.ssb.no/vis/english/subjects/02/01/10/innvbef_en/art-2006-05-11-01-en.html
- ↑ (vi) "Việt Nam và Thái Lan hợp tác dạy tiếng Việt". Vietbao.vn. 14 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 30 Mei 2011.
- ↑ (en) [2] Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Vietnamese – Facts and figures – Te Ara Encyclopedia of New Zealand". Teara.govt.nz. 4 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2008. Besoek op 30 Mei 2011.
- ↑ (vi) "Người Việt ở Phần Lan náo nức chuẩn bị Tết Mậu Tý". Tiền Phong Online – Tienphong.vn. Besoek op 30 Mei 2011.
- ↑ (en) "All-Ukrainian Population Census 2001: The distribution of the population by nationality and mother tongue". State Statistics Committee of Ukraine. Besoek op 4 September 2012.
- ↑ (hu) "Népszámlálás 2011" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Julie 2019. Besoek op 28 Maart 2013.
- ↑ (vi) "Bộ Ngoại giao Việt Nam". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019.
- ↑ (en) Pew Research Center: The Global Religious Landscape 2010.
- ↑ (en) Ines M. Miyares, Christopher A. Airriess (2007). Contemporary ethnic geographies in America. Rowman & Littlefield Publishers. p. 7. ISBN 978-0-7425-3772-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Viëtnamese.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Viëtnamese.