Golf van Bengale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Golf van Bengale
Locatie Golf van Bengalen.PNG
Ligging van die Golf van Bengale
Bay of Bengal map.png
Kaart van die Golf van Bengale
Koördinate: 15°N 88°O / 15°N 88°O / 15; 88Koördinate: 15°N 88°O / 15°N 88°O / 15; 88
Ligging: Indië, Bangladesj, Thailand, Mianmar, Indonesië, Maleisië, Sri Lanka[1][2]
Soort: See van die Indiese Oseaan
Oppervlakte: 2 172 000 km² (839 000 myl²)
Gemiddelde diepte: 2 600 meter (8 500 voet)
Maksimum diepte: 4 694 meter (15 400 voet)
Lengte: 2 090 km (1 300 myl)
Breedte: 1 610 km (1 000 myl)
Invloei: Brahmaputra, Ganges, Irrawaddy
Eiland/e: Andaman- en Nicobar-eilande
Nedersettings: Chennai, Chittagong, Kalkutta, Visakhapatnam, Yangon
Die hawe van Visakhapatnam, een van die besigste aan die Golf van Bengale

Die Golf van Bengale of Baai van Bengale (Bengaals: বঙ্গোপসাগর, Hindi: बंगाल की खाड़ी, Tamil: வங்காள விரிகுடா, Telugu: బంగాళాఖాతము) is 'n golf of baai wat deel uitmaak van die Indiese Oseaan en word omring deur die Maledive, Sri Lanka, Indië, Bangladesj, Mianmar, Thailand, Maleisië en Indonesië. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 2 172 000 km² en die Golf van Bengale word as die grootste golf ter wêreld beskou.[3] Die Golf van Bengale word deur die eilande Sri Lanka en Sumatra van die Indiese Oseaan geskei.

Die oostelike deel van die golf, geleë tussen Mianmar en Thailand oos van die Andaman- en Nicobar-eilande, word die Andamanse See genoem.

Groot stede aan die golf is Chennai, Kalkutta en Yangon en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Brahmaputra, Ganges en Irrawaddy.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Map of Bay of Bengal- World Seas, Bay of Bengal Map Location - World Atlas
  2. (en) Chowdhury, Sifatul Quader (2012). “Bay of Bengal”, Banglapedia: National Encyclopedia of Bangladesh, Second, Asiatic Society of Bangladesh. 
  3. (en) Bay of Bengal”. Wildlife Conservation Society. URL besoek op 1 Desember 2012.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]