Bonnievale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Die ou spoorwegstasie op Bonnievale
Ligging van Bonnievale op 'n kaart (Wes-Kaap)
Bonnievale
Bonnievale
 Bonnievale se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°55′39″S 20°6′2″O / 33.92750°S 20.10056°O / -33.92750; 20.10056Koördinate: 33°55′39″S 20°6′2″O / 33.92750°S 20.10056°O / -33.92750; 20.10056
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Kaapse Wynlande
Munisipaliteit Langeberg
Stigting 1922
Oppervlak[1]
 - Dorp 27,07 km²  (10,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 9 092
 - Digtheid 336/km² (870,2/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 11.1%
 • Kleurling 75.3%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 10.7%
 • Ander 2.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 89.7%
 • Xhosa 6.0%
 • Engels 1.7%
 • Suid-Sotho 1.3%
 • Ander 2.2%
Skakelkode(s) 023

Bonnievale is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en is in 1922 gestig. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 9,092 gehad, waarvan 974 (10,7%) Blank was.[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp is gestig nadat Christopher Rigg 'n stuk grond langs die Breederivier gekoop het met geld wat hy op die Barbertonse goudvelde verdien het. Die grond was oorspronklik bekend as Bosjesmansdrift. Hy het 'n besproeiingskanaal vanuit die rivier aangelê.

In 1902 is daar 'n spoorweghalte naby die dorp gebou op die KaapstadPort Elizabeth-spoorlyn met die naam van Vale. Rigg het sy grond onderverdeel, die erwe verkoop en die dorp Bonnievale genoem na die stasie. In 1917 het die stasie ook die naam aangeneem.

Wapen[wysig | wysig bron]

Bonnievale se munisipale raad het in 1961 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer : In silwer, twee golwende blou pale vergesel van twee druiwetrosse van natuurlike kleur; 'n hoekige rooi skildhoof belaai met nege goue pennings geplaas 5 en 4. Die helmteken was 'n goue gaande griffioen, en die wapenspreuk "Diens - toewyding - geloof".[2]

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is bekend vir sy muskadelwyne, sjerrie en brandewyn. Geelperskes, appelkose en kaas word ook verbou in die distrik. Daar is drie koöperatiewe wynkelders in die distrik.

Noemenswaardige boorlinge[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Hoofplek Bonnievale”. Sensus 2011.
  2. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3088 (30 Junie 1961).